
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:15 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE - kyk bl 1971.

INTERPELLASIES, VRAE EN ANTWOORDE - kyk bl 504.

BESOLDIGING VAN PREMIER

(Voorstel)

Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat ingevolge artikel 6(3)(b) van die Wet op die Besoldiging van Openbare Ampsbeklers, die boonste perk van die salaris en toelaes van die Premier van die Provinsie bepaal word soos op 20 September 2000 deur die President van die Republiek van Suid-Afrika geproklameer.

Goedgekeur.

GELUKWENSE AAN MNR ALLlSTER COETZEE
EN OOS-KAAPSE RUGBY-UNIE

(Voorstel)

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis mnr Allister Coetzee gelukwens met sy aanstelling as die eerste swart afrigter van 'n provinsiale rugbyspan, asook die Oostelike Provinsie Rugby-unie gelukwens met die waagmoed om hom aan te stel.

Goedgekeur.

GEWELD IN MIDDE-OOSTE

(Voorstel)

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) sy medelye betuig met al diegene wat familielede in die voortslepende geweld in die Midde-Ooste verloor het en sy kommer uitspreek oor die ongenaakbare optrede teen gewone Palestyne deur die Regering van Israel in sy hantering van di konflik;
(2) alle pogings deur verskeie rolspelers ondersteun om 'n vreedsame skikking te bereik; en

(3) die Departement van Buitelandse Sake gelukwens met sy ondersteuning in di verband.

Goedgekeur.

GELUKWENSE AAN MNR SAAG JONKER

(Voorstel)

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis mnr Saag Jonker van Oudtshoorn gelukwens met sy aanwysing as die Wes-Kaap se Boer van die Jaar en hom sterkte en sukses toewens met sy groot en dinamiese rol as landbouleier in die Provinsie.

Goedgekeur.

BIANCA OLIPHANT

(Roubeklagvoorstel)

*Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1) sy meegevoel betuig met die familie van die sewejarige Bianca Oliphant van Oudtshoorn wat deur 'n volwasse man verkrag en wreed vermoor is;

(2) alle misdaad van di aard ten sterkste veroordeel; en

(3) 'n beroep op die Minister van Gemeenskapsveiligheid doen om stappe te doen om di toenemende bedreiging te bekamp.

Goedgekeur.

TERUGTREKKING VAN VOORSTEL DEUR MNR D SILKE

(Voorstel)

*Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis daarvan kennis neem -

(1) dat die voorstel deur mnr D Silke oor die William Cooper-dokument wat deur die nasionale Minister van Gesondheid versprei is, wat op die Ordelys gedruk is, 'n paar minute voor die sitting van hierdie Huis vandag teruggetrek is;

(2) dat die ANC bereid was om hierdie debat te h en steeds te eniger tyd daarvoor bereid is; en

(3) dat tyd aan hierdie debat toegewys moet word, hoewel die standpunte/beweringe van William Cooper nie belangrik is nie;

en dat die Huis daarom glo dat wat belangrik is, ons optrede is in die gee van aandag aan en die red van lewens van hierdie moord-epidemie, Vigs.

*Die SPEAKER: Orde! Die Stoel is daarvan in kennis gestel dat die voorstel waarskynlik teruggetrek sou word, maar dit is nie amptelik teruggetrek nie. Kennis te dien effekte sal in die Huis gegee moet word. Die agb lid kan dus sy voorstel verander om in (1) "moontlik teruggetrek sal word" te lui, of anders sal hy moet wag totdat dit teruggetrek is.

*Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, ek sal wag totdat die voorstel teruggetrek is.

MNR WELCOME ZENZILE

(Roubeklagvoorstel)

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis kennis neem van die tragiese afsterwe van mnr Welcome Zenzile, voorsitter van die Vervoerkomitee van die KMR, in 'n motorongeluk tussen Beaufort-Wes en Aberdeen.

Goedgekeur.

ONTHEFFING VAN MNR A ISMAIL AS VOORSITTER
VAN STAANDE KOMITEE OOR FINANSIES,
ONTWIKKELINGSBEPLANNING EN WEDDENSKAPPE

(Voorstel)

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, terwyl hy kennis neem van die arbitrre ontheffing van mnr A Ismail as voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe -

(1) 'n beroep op die Premier doen om die Huis in te lig oor die redes vir di eensydige besluit; en

(2) verder sy kommer uitspreek oor die invloed van sodanige besluite op regering in die Provinsie.

Goedgekeur.

BESKIKBAARSTELLING VAN AZT
AAN SLAGOFFERS VAN VERKRAGTING

(Voorstel)

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die Departement van Gesondheid, die Minister van Gesondheid, prof Gary Martin en dr Lynn Denny gelukwens met die beskikbaarstelling van AZT aan slagoffers van verkragting, en kennis neem dat die departement die Wes-Kaapse tradisie voortsit deur die eerste provinsie te wees wat aktief die MIV/Vigs-ramp bestry.

Goedgekeur.

BURGEMEESTERSKANDIDATUUR VAN ME L BROWN

(Voorstel)

*Me N C PHENDUKA: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die Adjunkspeaker gelukwens met haar benoeming as die ANC se kandidaat vir Burgemeester van die Unistad van Kaapstad, en glo dat as 'n vrou met bewese prestasies in die stryd teen apartheid en as 'n uitstekende bestuurder wat graag die leisels hou, sy 'n waardige kandidaat is.

Malibongwe igama lamakhosikazi!

AMALUNGU AHLONIPHEKILEYO: Malibongwe!

[Laat die vroue vereer word!

AGB LEDE: Laat hulle vereer word!]

Goedgekeur.

BURGEMEESTERSKANDIDATUUR VAN
MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE

(Voorstel)

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die burgemeesterskandidatuur van die Minister van Maatskaplike Dienste heelhartig ondersteun.

Mnr C M DUGMORE: Gelukwens.

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr N M Isaacs sal seker bereid wees om dit te aanvaar as "gelukwens" sodat dit eenparig deur die Huis kan gaan?

Mnr N M ISAACS: Eenparig, heelhartig.

Goedgekeur.
OPERASIE PASOP

(Voorstel)

*Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1) die Blue Downs-gemeenskapspolisiringsforum en die nasionale Minister van Waterwese en Bosbou gelukwens met die loodsing van 'n suksesvolle veldtog om die bosse in gevaarlike gebiede uit te kap waar kinders soos Jaqueline Smith hul lewens verloor het; en

(2) homself tot Operasie Pasop verbind.

Goedgekeur.

SA BANKERAAD

(Voorstel)

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, terwyl hy kennis neem van die erkenning deur mnr Bob Tucker, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Bankeraad, dat Suid-Afrika se huisleningsmark gevaarlik beperk is en nie daarin slaag nie om die behoeftes te bevredig van honderdduisende Suid-Afrikaners wat minder as R4 000 per maand verdien -

(1) erken dat miljoene Suid-Afrikaners onvoldoende of geen diens van die banksektor ontvang nie, en onder rooi-omlyning, rassisme, buitensporige bankfooie, en ongekontroleerde plasing op swartlyste deur kredietburo's gebuk gaan; en

(2) derhalwe 'n beroep op alle Suid-Afrikaners doen om die ANC/SAKP/Cosatu-alliansie se Oktoberveldtog vir die transformasie van die banksektor te steun.

Goedgekeur.

VERSLAG OOR GELDE VERSKULDIG
DEUR MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE

(Voorstel)

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis 'n beroep doen vir 'n verslag oor die vordering wat gemaak word met die invordering van die bedrag verskuldig deur die Minister van Maatskaplike Dienste weens die voortgesette betaling as Minister vir die ses maande na sy ontslag uit die provinsiale Kabinet.

Goedgekeur.


KORPORATIEWE INSTELLINGS WAT AZT VOORSIEN

(Voorstel)

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) korporatiewe instellings soos Pick 'n Pay gelukwens wat proaktief is met die instelling van 'n skema om AZT beskikbaar te stel aan slagoffers van verkragting en hul werknemers wat as MIV-positief gediagnoseer is; en

(2) ander korporatiewe instellings aanmoedig om di voorbeeld in die stryd teen Vigs te volg.

Goedgekeur.

BESOEK AAN OVERBERG-GEBIED DEUR KABINET

(Voorstel)

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis, terwyl hy kennis neem daarvan dat die provinsiale Kabinet die Overberg-gebied van 18 tot 19 Oktober 2000 sal besoek, 'n beroep op die Kabinet doen om spesiale aandag te gee aan -

(a) die ho werkloosheidsyfer in die hele Overberg-gebied;

(b) die lot van die vissersgemeenskappe in kusdorpe soos Arniston, Gansbaai en Kleinmond, wat slegs vir vier maande 'n jaar werk en die res van die jaar sonder 'n inkomste moet oorleef;

(c) die ho voorkoms van misbruik van plaaswerkers wat aan die toeneem is; en

(d) die invloed van die casino, wat noodwendig tot meer maatskaplike probleme aanleiding sal gee, tensy die provinsiale Kabinet 'n sosio-ekonomiese moniteringsmeganisme implementeer. 

Goedgekeur.

LANGTERMYN VOLHOUBAARHEID VAN VISBEDRYF

(Voorstel)

*Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) die nasionale Minister van Omgewingsake en Toerisme gelukwens met die implementering van die nodige meganismes om die langtermyn volhoubaarheid van die visbedryf te verseker;

(2) kennis neem dat met sy pogings vissermanne en maatskappye daartoe in staat sal wees om met die aanvang van die nuwe visvangseisoen hul bote op die see uit te neem, sperdatums van internasionale markte te haal en dat mense in die verwerkingsaanlegte sal kan werk;

(3) verder die nasionale Minister gelukwens met die implementering van 'n strategie oor bestaansvisvangs, deur te verseker dat die behoeftige vissermanne permitte kan bekom ten spyte van die strategie van die DA om die bedryf in hofsake vasgevang te hou.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

MOORD OP UDM-WYKSKANDIDAAT

(Voorstel)

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) die wrede moord op een van die wykskandidate van die UDM, mnr Victor Mbulelo Sam, op 16 Oktober 2000 in Laer Kruispad ten sterkste veroordeel;

(2) die feit betreur dat groepe/organisasies, ses jaar na die koms van demokrasie in ons land, en ten spyte daarvan dat hulle selfs soms verkondig dat menseregte gehandhaaf moet word, steeds nie kan aanvaar dat mense die reg tot vrye keuse van assosiasie het en ook die reg het om self te bepaal aan watter politieke party hulle wil behoort nie;

(3) die feit betreur dat individue hulle nie vryelik kan uitspreek oor dit waarin hulle glo nie; en

(4) die feit betreur dat sedert die verkiesing van 1999 sewe UDM-leiers in townships vermoor is en geen arrestasies gemaak is nie.

Goedgekeur.

VERSLAG OOR IMPLEMENTERING VAN
GESONDHEID INLIGTINGSTELSEL

(Voorstel)

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) 'n dringende beroep op die Minister van Gesondheid doen vir 'n verslag oor die implementering van die Gesondheid Inligtingstelsel met die oog daarop om die redes vir die lang vertraging en die koste-implikasies daarvan vas te stel; en

(2) verder 'n beroep doen vir 'n onafhanklike rekenaar- en stelselsoudit van die produk wat gelewer is deur die maatskappy aan wie die kontrak toegeken is.

Goedgekeur.

MATRIEKEKSAMENS

(Voorstel)

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) alle matrikulante voorspoed toewens met die eksamens wat gister amptelik begin het;

(2) versoek dat alle prinsipale en hoofde van eksamensentra uiters verantwoordelik te werk sal gaan met eksamenvraestelle wat aan hulle toevertrou is;

(3) alle hoofopsieners en opsieners by eksamensentra bedank vir hulle bereidwilligheid om met di enorme taak te help en hulle terselfdertyd versoek om die geloofwaardigheid van die eksamen bo verdenking te hou;

(4) alle amptenare in die Direktoraat: Eksamens bedank vir hul aandeel in die voorbereiding vir die matriekeksamen, en hulle sterkte toewens met die administrasie van die eksamen; en

(5) die hoop uitspreek dat di Provinsie die skitterende ster in die matriekhemel sal bly.

Goedgekeur.

CHRYSALIS-PROJEK

(Voorstel)

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis die Provinsiale Regering en die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning gelukwens met die sukses van die Chrysalis-projek wat aangeleenthede en behoeftes van Youth at Risk in die provinsie aanspreek.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

TWEEDE WES-KAAPSE AANSUIWERINGSBEGROTINGS-
WETSONTWERP [W13-2000]

(Indiening en Eerste Lesing)

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, die Aansuiweringsbegroting word vandag ter Tafel gel om die goedkeuring van hierdie Parlement kragtens die Wet op Openbare Finansile Bestuur, 1999, te verkry vir sekere aanpassings in die 2000-01-begroting.

Artikel 31 van die Wet op Openbare Finansile Bestuur maak daarvoor voorsiening dat die provinsiale Minister wat vir finansile sake verantwoordelik is 'n aansuiweringsbegroting in die Provinsiale Parlement ter Tafel kan l. Artikel 31(2) bepaal spesifiek die aanpassings waarvoor so 'n begroting voorsiening mag maak. Dit sluit onder meer in:

 die bewilliging van fondse wat vir die Provinsie beskikbaar geword het;

 enige uitgawe ingevolge artikel 25(1) wat verband hou met onbegrote besteding van 'n buitengewone aard; en

 die oordra van onbestede fondse vanaf die voorafgaande boekjaar.

Mnr die Speaker, dit is spesifiek omdat daar uitgawes is wat kragtens artikel 25(1) gemagtig is dat ek, voortspruitend uit artikel 25(6), sodanige magtiging moet insluit in begrotingswetgewing wat binne 120 dae in hierdie Parlement ter Tafel gel moet word. Vanwe die feit dat hierdie Parlement binnekort in reses sal gaan en dat die eerste magtiging van besteding op 25 Julie 2000 plaasgevind het, is ek verplig om hierdie begroting vandag voor te l ten einde aan die Wet te voldoen.

Terselfdertyd maak ek gerieflikheidshalwe gebruik van hierdie geleentheid om ander begrotingsaanpassings tot op hede aan die Huis voor te l, wat by gebrek aan artikel 25(1)-magtigings normaalweg eers in Februarie 2001 ter Tafel gel sou word.

Mnr die Speaker, laat my toe om die groot aanpassings wat in totaal op R355 miljoen te staan kom, te hanteer. Die bedrae is afgerond tot die naaste R100 000.

FONDSE WAT BESKIKBAAR GEWORD HET

Ingevolge die jaarlikse Wet op die Verdeling van Inkomste sal die volgende fondse ten bedrae van R121,3 miljoen uit die nasionale Inkomstefonds oorgedra word. Daar sal onthou word dat ek tydens my 2000-01-Begrotingsrede na party hiervan verwys het. Die bedrae is:

 R9 miljoen vir die Menslike Vestigings Herontwikkelingsprogram;
 
 R103,2 miljoen om belangrike behuisingsprogramme te finansier;
 R2,8 miljoen vir hospitaalrehabilitasie;

 R0,8 miljoen vir die Herontwikkelingsprogram vir Hostelle;

 R4,5 miljoen vir MIV/Vigs vir die instelling van lewensvaardigheidsprogramme as 'n voorkomende maatrel en vir die vestiging van vrywillige beradings- en toetsgeriewe;

 R0,5 miljoen om kapasiteitsbou vir behuisingspersoneel te befonds; en

 R0,5 miljoen vir die finansile bestuur van die maatskaplike welsynstelsel.

ARTIKEL 25(1)-MAGTIGINGS

Ingevolge artikel 25(1) mag ek die gebruik van fondse uit die Provinsiale Inkomstefonds magtig vir die bestryding van inkomste van 'n buitengewone aard waarvoor tans nie voorsiening gemaak word nie en wat nie sonder ernstige benadeling van die openbare belang uitgestel kan word tot 'n toekomstige bewilliging deur hierdie Parlement nie.

Dit was by drie geleenthede vir my nodig om hierdie bevoegdhede uit te oefen om die volgende uitgawes ten bedrae van R74 miljoen te hanteer:

 Op 25 Julie 2000 is R8,9 miljoen toegewys aan Begrotingspos 3 - Finansies om die werksaamhede van die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne in stand te hou.

 'n Verdere toewysing ten bedrae van R37 miljoen is op 30 Augustus 2000 aan hierdie Begrotingspos gemaak om die uitstaande SITA-rekeninge te betaal ten einde die statutre dienste te behou wat deur SITA aan alle provinsiale departemente gelewer word.

 R28,1 miljoen is op 9 September 2000 aan Begrotingspos 10 - Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme toegewys om vloedskade in die Gamkarivier-gebied te herstel.

ARTIKEL 7-MAGTIGING

Mnr die Speaker, ek het kragtens artikel 7 van die Wes-Kaapse Skatkiswet 'n versoek van die Speaker van die Huis goedgekeur dat die voorsiening vir die kiesafdelingstoelae wat aan politieke partye betaalbaar is met R168 000 tot R2,4 miljoen verhoog word om voorsiening te maak vir 'n verhoging vanaf R4 500 tot R4 833 per lid per maand met ingang van 1 April 2000. Die totale koste van R168 000 sal uit besparings in die Begrotingspos gefinansier word.

OMROL VAN FONDSE

Omrolfondse uit die 1999-2000-boekjaar beloop R160,1 miljoen. Besonderhede hiervan word uiteengesit in die Verklarende Memorandum van die Aansuiweringsbegroting. Die belangrikste bedrae is egter:

 R37,8 miljoen, wat verband hou met padprojekte; en
 R50,5 miljoen vir werke, kapitaal- en onderhoudsprojekte.

Mnr die Speaker, ten slotte wil ek graag al my Kabinetskollegas bedank, veral die lede van die PTK, die Direkteur-generaal, departementshoofde en die personeel van die Provinsie vir hul deeglike insette en ondersteuning tydens hierdie proses.

*Die SPEAKER: Orde! Ingevolge die Rels word die Wetsontwerp verwys.

WILLIAM COOPER-DOKUMENT OOR MIV/VIGS

(Voorstel)

*Mnr D Silke: Mnr die Speaker, ek stel voor:

	Dat die Huis - 

	(1)	homself van die William Cooper-dokument distansieer wat deur die nasionale Minister van Gesondheid versprei is wat onder andere 'n samesweringsteorie verkondig wat spekuleer dat die MIV/Vigs-virus in Afrika ingebring is in 'n entstof vir kinderpokke om die Afrika-bevolking te verklein; en

(2) met kommer kennis neem dat mnr Cooper ook beweer dat President J F Kennedy deur sy motorbestuurder geskiet is, dat die Verenigde State in 1950 basisse op Mars en die maan gehad het en dat daar 'n ondergrondse basis vir vreemde wesens in Nieu-Mexiko is.

Mnr die Speaker, in ooreenstemming met die brief wat ek vroer aan u verskaf het, wil ek graag die onderwerp van die Ordelys terugtrek.

*Die SPEAKER: Orde! Ek sal die agb lid mnr Jacobs nou toelaat om 'n punt van orde oor die voorstel te stel.

*Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, mag ek my voorstel sonder kennisgewing voorlees?

*Die SPEAKER: Orde! Ons het kennis geneem daarvan en beskou dit as 'n punt van orde deur die agb lid.

*Mnr P M JACOBS: Ek stem saam, mnr die Speaker.

*Die SPEAKER: Orde! Ek moet toegee dat daar 'n mate van verwarring was. Ek het 'n brief van die agb lid mnr Silke ontvang, maar ek het gedink dat hy my bloot ingelig het dat hy die voorstel in die Huis sal terugtrek, of dat dit andersins aan die begin teruggetrek sou word en dan sou die agb lid mnr Jacobs 'n saak gehad het.

Ingevolge die Rels maak die agb lid mnr Jacobs sy punt baie duidelik met die punt van orde. Ons sal sy voorstel dus as 'n punt van orde insluit.

SITUASIE OP PLASE

(Voorstel)

*Mnr C M Dugmore: Mnr die Speaker, ek stel voor:

	Dat die Huis, terwyl hy kennis neem daarvan dat -

	(1)	'n boer van Albertinia, wat van poging tot moord, ontvoering en aanranding aangekla is omdat hy na bewering 'n tou om die voete van 'n sestienjarige kind gebind en toe die kind aan die dak van 'n skuur op die plaas opgehang het, op 19 Junie 2000 in die Landdroshof op Riversdal voorgekom, en op borgtog van R2 000 vrygelaat is; en

	(2)	aanranding en uitsettings van plaaswerkers steeds op plase in die provinsie voorkom sonder voortdurende veroordeling deur die koalisieregering en in besonder die Premier;

'n beroep op die georganiseerde landbou doen om vas te stel of di boer een van hul lede is en indien wel, hom uit die organisasie te skors, om sodoende 'n duidelike boodskap uit te stuur dat so 'n skending van menseregte en rassisme nie geduld sal word nie, en verder sy diepste besorgdheid uitspreek dat die DP en die Nuwe NP meer besorg skyn te wees oor die situasie op plase in Zimbabwe as die lot van plaaswerkers in die provinsie.

Mnr die Speaker, wanneer ons hierdie voorstel maak, vra ons eintlik twee spesifieke sake van die Huis. Ons doen 'n beroep op die Huis om 'n beroep te doen op georganiseerde landbou om vas te stel of die boer wat betrokke was by die beweerde poging tot moord op en ontvoering en aanranding van hierdie sestien jaar oue kind van 'n plaas inderdaad een van hul lede is. As hy is, versoek die Huis georganiseerde landbou in die Wes-Kaap om die boer uit die organisasie te skors. Wat ons sien, is die poging tot moord op die sestien jaar oue kind en die voortgesette aanranding en uitskop van plaaswerkers.

Ons moet onsself afvra wat die probleem is met 'n beroep op georganiseerde landbou om iets baie eenvoudigs te doen. Ons vra dat hulle moet bepaal of hierdie boer van Albertinia 'n lid van georganiseerde landbou in die Wes-Kaap is. As hy 'n lid is, doen ons 'n beroep op hulle om hierdie persoon te skors. Dit is die eerste komponent.

Ek sou hoop dat die ander sprekers wat oor hierdie voorstel gaan praat, bereid sou wees om 'n oproep deur die Huis te ondersteun dat dit in die belang van georganiseerde landbou is om sodanige ondersoeke te loods en om 'n baie duidelike boodskap uit te stuur dat georganiseerde landbou in die Wes-Kaap dit nie van hul lede sal duld nie. Hulle gaan nie duld dat van hul lede hulself skuldig maak aan sekere optrede wat 'n spesifieke indruk skep in terme van die hantering en behandeling van plaaswerkers nie. As daar in die ondersoek bevind word dat di boer wel 'n lid van die georganiseerde landbou in die Wes-Kaap is, sal dit 'n baie duidelike boodskap uitstuur dat nie net die Huis bereid is om sekere boere te isoleer wat ander boere 'n slegte naam gee nie, maar dat landbou in die Wes-Kaap bereid is om standpunt in te neem oor die spesifieke saak.

Mnr die Speaker, baie van die boere in die Wes-Kaap kyk televisie en hoor oor die radio wat op plase gebeur. Hulle meen dit skep 'n sekere indruk oor hoe boere hul werkers behandel. Die rede waarom ek die voorstel ingedien het, is om di indruk te verander. Dit is nodig dat boere, in die Wes-Kaap spesifiek, bereid moet wees om dinge uit te praat. Daar is baie mense, spesifiek in die DP - en ek sien die agb Ministers van Gemeenskapsveiligheid en van Onderwys is tans nie teenwoordig in die Huis nie - wat sekere probleme gehad het met die feit dat die ANC 'n verkiesingspamflet uitgebring het onder die opskrif, "Platteland baat by ANC-beleid". Di pamflet handel oor die hele kwessie van die toelae, en so meer. Op die agterblad is die manier waarop die ANC rassisme op die platteland aanpak, uiteengesit.

Omdat die ANC rassisme beveg, s mense ons is rassisties. Ek wil dit onomwonde stel dat dit nie die geval is nie. Ek haal uit die pamflet aan:

	Dit is tyd dat ons, boere, werkers en die groter gemeenskap moet saamwerk om hierdie tipe euwels uit te roei. Lank genoeg moes ons buig onder die lat. Lank genoeg moes ons die vernedering van liggaamlike aanranding in die o staar. Haal die vrot appels uit. Die ANC weet, en dit is baie belangrik, dat al die plaasboere nie dieselfde is nie. Ons weet dat van hulle rassisme en aanrandings op die plase ten sterkste afkeur. Dus vra ons dat hulle ons moet help om die vrot appels uit die mandjie te haal. Onthou: een vrot appel laat die hele mandjie later stink. Meer boere moet uitpraat teen rassisme op plase.

As lede van die DP dit rassisties noem, beteken dit dat hulle vir ons s ons is rassisties. Die ANC het 'n verantwoordelikheid om rassisme te beveg waar dit ook al voorkom. Die President van die ANC en van die land, Thabo Mbeki, het dit in Beaufort-Wes baie duidelik gemaak. Die ANC is in die proses om die sake duidelik te maak sodat die mense in die Wes-Kaap dit kan verstaan. Die President het 'n beroep op die plaaswerkers en die ANC-lede daar gedoen om te help as enige aanval op 'n boer plaasvind. Die gemeenskap moet vorentoe tree en probeer om die oortreders te vang sodat die reg sy volle loop kan neem.

Dit is basies wat die agb lid mnr Fransman en andere probeer doen het toe 'n boer in die Citrusdal-distrik vermoor is. Die ANC het 'n rol daar gespeel en die polisie gehelp om daardie mense te arresteer. Die punt is dat die ANC nie rassisties is omdat ons gevalle waar rassisme op plase voorkom, identifiseer nie.

Ons vra vandag vir die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke om bereid te wees om vir die georganiseerde landbou in die Wes-Kaap te vra om die persoon, as hy 'n lid is, uit die organisasie te skors tot tyd en wyl die hofsaak afgehandel is. Ek dink nie dit is te veel gevra nie. Uiteindelik is dit presies wat die Huis moet doen as hulle teen rassisme en aanrandings standpunt wil inneem.

Ons is teleurgesteld in die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke. Die Burger haal hom aan, dat hy nie van onmenslike brutaliteit teen plaaswerkers bewus is nie en dat alles wel is op die plase.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: [Onhoorbaar.]

Mnr C M DUGMORE: Die agb Minister is aangehaal.
Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Dit is nie waar nie!

Mnr C M DUGMORE: Die agb Minister is aangehaal. [Tussenwerpsels.]

As die agb Minister daardie indruk skep, wat s al die plaaswerkers? Wat s die plaaswerker wie se kop onder die water gehou is; die een in Albertinia wat koponderstebo in 'n skuur opgehang is; die een wat agter 'n bakkie gesleep is; die een wat met 'n ossewaspeek geslaan is; die een wat met 'n pistool bygedam is; en die baie ander mense wat rassisme daagliks op die platteland in die Kaap ervaar? Ons wil met die agb Minister saamwerk, maar as hy s, of die indruk skep dat niks verkeerd is nie en dat alles wel is op die plase, hoe dink hy voel die plaaswerkers wat "kaffer" en "Hotnot" genoem is ...

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: En "Boer".

Mnr C M DUGMORE: Ja. Vir my is "Boer" nie 'n lelike woord nie, maar "Hotnot" en "kaffer" is lelike woorde. [Tussenwerpsels.] Daar is boere in die Riviersonderend- en Riversdal-distrikte wat daaraan skuldig bevind is dat hulle hul werkers "Hotnotte" en "kaffers" genoem het.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Hoeveel boere?

Mnr C M DUGMORE: Ek is op die oomblik bewus van nege sake. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: [Onhoorbaar.]

Mnr C M DUGMORE: Dit is die feite.

Meneer, dit is die rede waarom die ANC wil h dat die mense siviele eise teen die boere moet instel wat hulself daaraan skuldig maak. Dit beteken nie dat die ANC teen die boere gekant is nie, beslis nie. Ons vra net dat die goeie boere van die Wes-Kaap moet opstaan en hulself bereid moet verklaar om die vrot appels uit die mandjie te haal. Die feit dat die agb Minister swyg, en s dat alles op die plase wel is, skep 'n indruk wat nie met die waarheid en die werklikheid ooreenstem nie. Dit is wat ons vra.

Mense sal s dat die tweede gedeelte van die voorstel in 'n mate politiekery, en so meer bevat. Ons sal dit definitief aanvaar met betrekking tot die laaste gedeelte, naamlik dat ons ons "besorgdheid uitspreek dat die DP en die Nuwe NP meer besorg skyn te wees oor die situasie op plase in Zimbabwe".

'n AGB LID: Ja, dit is die waarheid.

Mnr C M DUGMORE: Ja goed, dit is die waarheid, maar dit kan in 'n mate politiekery wees. Ons is moontlik bereid om daardie gedeelte terug te trek as die agb Minister ... [Tussenwerpsels.]

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Nee, waarom wil jy dit terugtrek?
Mnr C M DUGMORE: Nou goed. Maar ek wil dit terugtrek omdat ek wil h dat die Huis die voorstel moet ondersteun. Wat ek s, is dat as die agb Minister bereid is om te s dat die georganiseerde landbou in die Wes-Kaap moet vasstel of die persoon een van hul lede is en hom in daardie geval moet skors, het ons mekaar hieroor gevind. Dit is die beroep wat ek doen. Op baie plase word plaaswerkers, bruin en swart, op die oomblik nie as mense beskou nie.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Dit is nie waar nie!

AGB LEDE: Dit is nie waar nie!

Mnr C M DUGMORE: "Op baie plase", is wat ek ges het.

Meneer, ek dink aan hul lone, huisvesting en die houding wat op die plase ingeslaan word. Ons stem saam dat die landbou 'n krities belangrike sektor is. Hoeveel meer produktief sal die plase nie wees as ons almal as mense beskou en bereid is om met hulle saam te werk nie?

Die plaaswerkers wag vandag op die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke se antwoord. Hulle wag om te hoor of hy bereid is om in die Huis te s dat elke keer as 'n aanranding plaasgevind het, hy bereid is om standpunt in te neem en die georganiseerde landbou in die Wes-Kaap te versoek om daardie vrot appels uit die mandjie te haal. Ons wag om te hoor wat hy oor di aangeleentheid gaan s.

Mnr die Speaker, dit is 'n voorstel wat die ondersteuning van al die agb lede van die Huis verdien. Dit is nie 'n partypolitieke saak nie. Dit handel oor die menswaardigheid van mense in die Wes-Kaap, plaaswerkers en boere. [Tyd verstreke.]

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, baie dankie vir die geleentheid om aan hierdie debat deel te neem. Ek doen dit graag, omdat ek vanmiddag as plaasseun hier staan en baie nou met werksmense en arbeiders op die plaas saamgewerk het.

Mnr die Speaker, ek wil vir die agb lid mnr Dugmore vra hoeveel sweetdruppels hy op die landbouakker van die Wes-Kaap en van Suid-Afrika gestort het. Ek wil vir hom s dat die ANC nie 'n alleenmandaat het om namens die werknemers van die Wes-Kaap te praat nie. [Tussenwerpsels.] Hy het hom die hele jaar lank besig gehou met aanvalle op ons agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke; nou l hy ook 'n eier.

Meneer, die voorstel wat vanmiddag hier ingedien is, is 'n sensitiewe voorstel, maar dit bring ongelukkig mee dat daar 'n persepsie kan ontwikkel dat die ANC werkgewers op plase op die altaar plaas en dat die ANC alle werkgewers oor dieselfde kam skeer. [Tussenwerpsels.] Dit is onaanvaarbaar. Ek vind dit jammer en onnodig.

Di benadering van die ANC om die verhouding van landbouprodusente met hul plaaswerkers onder verdenking te plaas, skep 'n negatiewe beeld en hierdie kant van die Huis veroordeel dit ten sterkste. Ek vind dit tragies dat die ANC veralgemeen na aanleiding van individuele gebeure. Waarom doen hulle dit? Hulle is suiwer op jag na politieke stemme vir die komende verkiesing. [Tussenwerpsels.] Die agb lid mnr Dugmore weet mos hulle gaan nie in die verkiesing goed vaar nie. Dit is suiwer politieke opportunisme van sy kant.

Hierdie vergryping van die ANC aan die gedragspatrone van individue, wat nie die landbou dien nie, is weer eens 'n bewys van 'n gebrek aan 'n weldeurdagte ondersoek deur die ANC na die verhouding tussen die werkgewers en werknemers op plase.

Mnr die Speaker, die landboubedryf is 'n belangrike rolspeler in die Wes-Kaapse ekonomie. Deur enkele dade soos di as 'n veralgemening te gebruik, is onverantwoordelik en verregaande. Trouens, ek beskou dit as 'n klap in die gesig van die plaaswerker ... [Tussenwerpsels.] ... en sy werkgewer. Dit is niks anders as goedkoop politiekery nie. Dit is juis die Wes-Kaap wat al 'n geruime tyd gelede die inisiatief geneem het met die daarstelling van 'n gedragskode vir plaaswerkers en hul werkgewers met die doel om emosies te ontlont. Dit is juis die Wes-Kaapse landbou wat om die tafel gesit het met plaaswerkers en hul werkgewers om te verseker dat die proses van transformasie suksesvol vergestalt word in die gedragskode ...

'n AGB LID: Wat van die vrot appels?

Mnr J P GELDERBLOM: Ek kom nou by die vrot appels. Daardie agb lid hoef nie bekommerd te wees nie, ek het hom nog nie as 'n vrot appel gedentifiseer nie.

Mnr die Speaker, die verhouding tussen plaaswerker en werkgewer is 'n unieke verhouding; 'n verhouding wat ontstaan het uit gesamentlike swaarkry in moeilike ekonomiese tye. Op hoeveel plase word daar nie in die oggend voordat die werkgewer en sy werknemers met hul werksaamhede begin, om die tafel gesit en vir die Almagtige Skepper gevra vir krag om hul dagtaak te verrig nie!

Die onderdanigheid van werknemer teenoor werkgewer is nie 'n onderdanigheid gebou op meerderwaardigheid aan die werkgewer se kant nie, maar gebaseer op respek en wedersydse goeie gesindheid, en die aanvaarding van die werkgewer as leier op die landbougebied. Die werknemer se betrokkenheid op die plaas en sy onderdanigheid aan die werkgewer is nie as gevolg van ongelykheid nie, maar is gebaseer op 'n diensverhouding met sy werkgewer. Hierdie verhouding tussen werkgewer en werknemer vind gestalte in daardie besondere verhouding wat ontwikkel het - nie oor 'n dag of twee nie, en nie oor 'n week of twee nie, maar oor maande en jare.

Hoe lyk die verhouding tussen werkgewer en werknemer? Die verhouding op die plaas word hoofsaaklik bepaal deur die wyse waarop die werkgewer en die werknemer bereid is om saam die landboupot aan die kook te hou. Saam pak hulle probleme aan en soek oplossings om gesamentlik sukses te behaal op die landbouakker.

In hierdie verhouding het die werkgewer 'n enorme verantwoordelikheid. Sy ingesteldheid om gehoorsaamheid van sy werknemer te verwag en te vereis, gee die werkgewer egter geen reg om daardie werknemer as 'n minderwaardige individu of persoon te beskou nie. 'n Werkgewer wat sy arbeider as 'n ongelyke ag en hom so behandel se dade word ten sterkste deur hierdie kant van die Huis veroordeel en afgekeur. Trouens, dit is daardie uitsonderlike vrot appel wat ons nie by ons wil h nie. Die ANC wil hom nie by hulle h nie, maar ons wil hom ook nie by ons h nie. Hulle optredes word verdoem en sulke werkgewers kan en gaan geen simpatie van hierdie kant van die Huis ontvang nie, en ... [Tussenwerpsels.] ... ek glo die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke sal verder daarop uitbrei.

Die uitdaging waarvoor die werkgewer en die werknemer in die landboubedryf in die Wes-Kaap te staan kom, is die instandhouding van gesonde waardestelsels. Die werkgewer moet respekvol, geduldig, koelkop, beredeneerd en menswaardig teenoor sy werknemers optree. Die werkgewer se optrede teenoor sy werknemers moet sodanig wees dat hulle hom met die nodige respek en waardigheid sal behandel. Di vereistes van die verhouding moet wedersyds geld.

Wat soek ons in die landboubedryf? Ons aan hierdie kant van die Huis soek vrede en ekonomiese vooruitgang, want as dit met die werkgewer swak gaan, ly die werknemer ook daaronder; dan lei dit tot werkloosheid, dit lei tot armoede en dit lei tot ellende. Ons soek stabiliteit in die verhouding tussen werkgewer en werknemer - voorspoed, rus en vrede op die plaasakker, waar beide werkgewer en werknemer gelukkig kan wees. Dit vereis van die werkgewer en werknemer om saam te beplan, doeltreffend te kommunikeer en, belangriker, om vir mekaar om te gee. Dit vra ook van die werkgewer en werknemer om in die veranderende tye vir mekaar tyd te maak, om saam te droom oor ideale op die plaas, maar ook om saam teleurstellings op die plaas te bowe te kom en om dit te omskep in geleenthede.

As werkgewers en werknemers in die landboubedryf hulle beywer om dit te bereik, wag daar 'n blink toekoms op die landbou in die Wes-Kaap.

Mnr M LOUIS: Hoor, hoor!

Mnr J P GELDERBLOM: Dit is 'n belegging van liefde in die landboubedryf.

Me die Speaker, dit is 'n pad wat die Wes-Kaapse boere en hul werknemers saam moet loop tot voordeel van beide. Dit is die verantwoordelikheid van ons as LPPs om toe te sien dat werkgewers en werknemers nie aan onverantwoordelike politieke opportuniste uitgelewer word nie. Die landbouwerknemers en -werkgewers verdien dit nie. Kom ons stel reg waar dit verkeerd is en gee die nodige ondersteuning aan hulle wat dit erns het om van die landbou in die Wes-Kaap 'n sukses te maak. [Toejuiging.]

Me L N PHIKE: Me die Speaker, ek dink 'n kort geskiedenisles aan die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke is 'n gepaste manier om my toespraak te begin, aangesien ons aan hierdie kant van die Huis oortuig is dat hy aan algehele amnesie ly in soverre dit die landbousituasie in Suid-Afrika, en meer spesifiek die Wes-Kaap, betref.

Die bevryding van Suid-Afrika en haar mense in 1994 het geregverdigde verwagtinge en aspirasies meegebring, veral onder ons swart broers en susters wat oor meer as drie eeue heen ongekende verdrukking onder eers koloniale en later rassistiese regimes ontbeer het. As gevolg hiervan kon ons as 'n swart meerderheid nooit deel wees van die georganiseerde en formele landbousektor nie. Met bevryding was een van die basiese en geregverdigbare verwagtinge dat swart boere toegang tot vrugbare landbougrond sou kry. Daar is ook voorsien dat plaaswerkersgemeenskappe, met behulp van wetgewing wat in die Nasionale Vergadering deurgevoer is, verblyfreg op plase sou verkry en, meer nog, dat daardie gemeenskappe se menswaardigheid herstel word en hulle sodoende hul reeds onskatbare bydraes tot die bruto binnelandse produk vermeerder.

Me die Speaker, wat ons egter in die Wes-Kaap sien, en waaraan ons ook gewoond raak, is 'n skreiende skande. Ons sien geen grondhervormingsprogram nie, en uitsettings op 'n massaskaal, rassisme wat gepleeg word op 'n skaal wat herinner aan die skaal waarop geesgenote van agb lede aan daardie kant van die Huis rassisme gepleeg het, aanrandings deur boere en desperate lewensomstandighede is aan die orde van die dag.

Dit is dan ook so dat die ANC die enigste party in Suid-Afrika, en spesifiek in die Wes-Kaap, is wat hom onbaatsugtig beywer vir die verbetering van die lewensomstandighede en opheffing van die plaaswerkers. My daaglikse besoeke aan plase in die Boland en elders bevestig wat die Menseregtekommissie, nie-regeringsorganisasies, sektorale werkers en andere elke dag betreur. Kom ek noem 'n paar voorbeelde.

Karools Booysen is 'n arbeider op Langeberg Stud in Simondium, net buite die Paarl. Sy inkomste per week beloop R120 en di van sy vrou R60. Sy oom het op 'n plaas in die Paarl-distrik gesterf en hy as onmiddellike naasbestaande is toestemming geweier om die begrafnisrelings te tref. Toe hy dit wel gedoen het, is hy op dieselfde dag eers aangerand en toe van die plaas weggejaag.

Op dieselfde plaas was Hendrik Pietersen, Andrew Pietersen, John Mentoor en Hettie Ruiters tussen R35 en R70 per week betaal. Toe hulle hul lone bevraagteken het, is hulle summier van die plaas weggejaag. Is dit oordrewe, soos agb lede aan daardie kant altyd reageer?

Me die Speaker, miskien moet die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke, wat nou reeds stralejakkerstatus verwerf het as gevolg van sy oorsese reise, en ook soos 'n Petrus van die Bybel beloftes aan die boere maak, tog kyk na Zimbabwe en besluit watter positiewe lesse daaruit geleer kan word. [Tyd verstreke.]

*Mnr A R WINDE: Me die Speaker, ... [Tussenwerpsels.] Ek sal, as die agb lid dit wil h.

Ek wil graag begin deur te bevestig dat die DA die oorhoofse oogmerke van die Wet op Grondhervorming (Huurarbeiders), wat huurarbeiders beskerm teen summiere of onregverdige uitsettings en die regte van huurarbeiders beskerm, veral ten opsigte van die grondbesit, heelhartig ondersteun.

Die verhouding tussen werkgewer en werknemer is by tye 'n delikate verhouding, maar des te meer in landbou, waar die bykomende element van toegang tot grond ter sprake kom. Die grootste mate van oorlegpleging en samewerking word vereis, en in hierdie geval word dit duidelik van georganiseerde landbou verlang. Om die waarheid te s, die bemagtiging van almal wat wesenlik deur wetgewing van boerdery uitgesluit is, hang ook grootliks af van die inset van huidige kommersile boere ten einde enige mate van sukses te behaal. Wat ons nie nodig het nie, is kragdadige en ondemokratiese optrede deur enige ander rolspeler - veral die Staat! [Tussenwerpsels.]

Die gevolge van so 'n ondiens aan die land word gepas gellustreer deur die afgryslike situasie waarin ons buurland, Zimbabwe, homself nou bevind as 'n direkte gevolg van sodanige optrede. [Tussenwerpsels.]

Plaasgeweld is deel van 'n vlaag van kriminele bedrywighede wat in die land as geheel voorkom. In party gebiede, waar misdaad en geweld egter as stabiel beskou kan word, is plaasgeweld besig om toe te neem. Boere is geblameer vir baie van die geweld wat teen werkers gepleeg is. [Tussenwerpsels.] Die SAPD-verslag vir die laaste kwartaal van 1999 het aangedui dat daar in bykans 87,9% van geweldvoorvalle op plase geen vorm van 'n verhouding tussen die oortreder en die slagoffer was nie. Hoewel hierdie statistieke nie party baie ernstige mishandelingsgevalle op plase verskoon nie, wys dit duidelik dat 'n mens nie algemene beskuldigings moet maak sonder afdoende bewyse nie. Die voorstel wat voor ons dien, is tipies van growwe veralgemenings deur die ANC as deel van hul herinstelling van rassebeheptheid en hul beleid om te verdeel en te heers.

Die DA weet dat daar in die verlede gruwelike verwaarlosing, uitbuiting en mishandeling van plaaswerkers was. Die DA erken egter dat dit nie die norm is nie en erken voorts ...

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ek wil graag weet of die agb lid bereid is om 'n vraag te neem.

*Mnr A R WINDE: Nee, mnr die Speaker. [Tussenwerpsels.]

Die verhouding tussen plaaswerker en boer is nie soos wat die ANC voorgee dit is nie. [Tussenwerpsels.] Solank die ANC aanhou met die demonisering van blanke boere, met ander woorde om alle blanke boere as rassiste te veroordeel, sal dit die baie goeie werkgewer/werker-verhouding wat dikwels op Suid-Afrikaanse plase voorkom, vernietig. [Tussenwerpsels.] Dit vernietig voorts baie moontlikhede waar boere bereid is ...

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr A R WINDE: ... om hul plase prys te gee vir bemagtigingsprojekte en ekonomies lewensvatbare grondverdeling onder hul werkers. 'n Meer positiewe standpunt deur die ANC teenoor hierdie sektor van indiensnemingsgeleenthede sou definitief vrug dra.

Ons in die DA wil plaaswerkers bemagtig om die geswoeg van knegte-arbeid weg te neem en van hierdie arbeiders meer selfversorgende en suksesvolle boere in eie reg te maak.

Die DA het 'n paar praktiese voorstelle, wat die volgende insluit:

* Die aanmoediging van opkomende boere deur ondersteuningsentra om toegang te verskaf tot finansiering; ...

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is dit parlementr dat 'n agb lid na 'n medelid verwys as 'n "manlike Barbie-pop"?
*Die SPEAKER: Orde! Die Stoel gaan nie beslissings gee oor tussenwerpsels wat nie deel van die debat uitmaak nie ... [Gelag.] ... tensy dit op die hoofdebat inbreuk maak, en ek dink nie dat dit die geval was nie. Die agb lid mnr Winde mag voortgaan.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, ek gaan voort:

* Die instelling van 'n risiko bestuursinstrument vir boere volgens die aard van die Kanadese Netto Inkomste Stabiliseringsrekening, wat relatief ongesubsidieerde Kanadese boere in staat gestel het om mee te ding met hul hoogs gesubsidieerde VSA-bure en EU-boere;

* die ondersteuning van die vestiging van privaatbeheerde bemarkingsorganisasies wat in mededinging met mekaar en sonder staatsbetrokkenheid bedryf word;

* die beskikbaarstelling van voldoende grond vir aspirant boere, deur te begin met ongebruikte staatsgrond;

* die verskaffing van maatskaplike ondersteuning vir plaasarbeiders, wat dikwels onder die armstes van ons gemeenskappe is; en

* die versterking van die landelike veiligheidsbeskermingsplan en die verbetering van vinnige reaksiestelsels vir die beskerming van afgele gebiede deur middel van beter toerusting.

Bowenal wil ons die slegste geval scenario, Zimbabwe, vermy. [Tussenwerpsels.] Afgesien van die wetteloosheid wat Zimbabwe se plase oorgeneem het - luister hierna - is President Mugabe se beslaglegging op 2 000 plase in blanke besit besig om kommersile landbou lam te l. [Tussenwerpsels.] 'n Onbedoelde gevolg van hierdie plan om grondloosheid reg te stel, is die waarskynlike verskuiwing van tot 3 miljoen werkers en hul afhanklikes. Suid-Afrika kan en moet vir ons mense beter doen. Ons wil nie net h dat die boerderygemeenskap moet floreer en daardeur welvaart moet skep nie, maar ons wil plaaswerkers bemagtig om hul lewens te verbeter. [Tussenwerpsels.] Ons beleid is duidelik gemik op die opheffing van al ons mense.

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, dit is baie duidelik dat die sprekers van die DA baie vroeg vanoggend hul toesprake geskryf het, want hulle verstaan nie die kwessie wat voor die Huis dien nie. Dit lyk my hulle weet nie dat die lot van plaasmense in die Wes-Kaap nie veel verbeter het nie. Ek stem saam met wat die agb lid mnr Dugmore ges het, dit is baie duidelik dat ons nie van alle boere in die Wes-Kaap praat nie, maar wel van di boere wat grotendeels verantwoordelik is vir hierdie onreg wat teen plaaswerkers gepleeg is, en hulle is tien teen een lede van die DA. [Tussenwerpsels.]

Meneer, die onderwerp wat ons vandag debatteer is 'n vraagstuk wat met die lot van plaasmense te doen het en hoe ons na die belange van ons mense op die plase kan omsien. Wat egter teleurstellend is, is die manier waarop die DP en die Nuwe NP, of, soos hulle bekend staan, die Desperate Alliansie, hulle gedra het. Ek wil agb lede inlig van die volgende feite en 'n kort karakterskets van plaasmense gee.

Die lone van plaaswerkers in die provinsie staan op om en by R365 per maand vir mans en R282 vir vroue. Dit is die tipe lone wat hulle ontvang. Die hoogste lone word in die Metropool betaal, en die swakste lone in die Karoo - daar waar die agb lid mnr Gelderblom vandaan kom - waar dit iets soos R265 vir mans is en R202 vir vroue. [Tussenwerpsels.] Ongeveer 70% van die plaasmense is ongeletterd. Oortydbetaling, hoewel dit by wet bepaal word, word nie sommer gemplementeer nie.

Meneer, en dan vind ons die euwels soos plaaswinkels. [Tussenwerpsels.] Die man en vrou werk baie lang ure. Gedurende die week word hulle forseer om by die plaaswinkel op die plaas te koop, en ... [Tussenwerpsels.] ... aan die einde van die week het hulle nie geld oor nie. [Tussenwerpsels.] Ek kan 'n paar voorbeelde noem, maar berus my by di voorbeeld. Ons vind dat rassisme op plase nog baie sterk na vore kom. [Tussenwerpsels.] Ek begin twyfel aan hoeveel goeie boere daar wel in ...

Mnr J P GELDERBLOM: Maar, Dugmore, nou kraak julle weer die boere af!

Mnr M L FRANSMAN: ... hierdie provinsie is wat nie hul plaaswerkers mishandel nie.

Mnr J P GELDERBLOM: Nee, 'n mens moet konsekwent wees.

Mnr M L FRANSMAN: Ek s dit omdat dit selfs onder daardie agb lede se geledere voorkom. Me Marike de Klerk het by geleentheid beweer dat bruinmense nie wit is nie en ook nie swart nie; dit wil s, hulle is nie mens nie. Yvonne Woods het ges, "Coloured people breed like rabbits and they stink." Die agb Minister van Onderwys het na swartvroue in die Parlement verwys as mense wat padkos soek.

Mnr J P GELDERBLOM: Rassisme sevier al weer in die ANC.

Mnr M L FRANSMAN: Is dit nie die rassisme op die plase waarna ons elke dag verwys nie?

Meneer, ek wil agb lede weer daaraan herinner dat 'n man gesterf het as gevolg van die swak omstandighede waarin hy op die plaas van DA-raadslid mnr Johan Vogt geleef het. Die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke het vir ons mooi foto's gewys - ek weet nie van watter plaas nie.

Verder wil ek verwys na 'n plaas aan die Weskus met die naam Volvlei, wat aan die agb lid me Rossouw behoort; ... [Tussenwerpsels.]

Me A ROSSOUW: Dit behoort nie aan my nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr M L FRANSMAN: ... 'n plaas waar die plaaswerkers R150 per week verdien, ... [Tussenwerpsels.] ... R50 daarvan gaan na die plaaswinkel ... [Tussenwerpsels.] Nee, nie na die plaaswinkel nie, die R50 is huurgeld. Sedert die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, Wet 62 van 1997, in plek gestel is, moet die werkers daar huur betaal, ... [Tussenwerpsels.] ... iets wat hulle jare lank nooit gedoen het nie. Op daardie plaas was mense in die verlede ook al aangerand. Die agb lid me Rossouw dien in die DA, en hulle s hulle is bereid om op te tree teen mense wat hul plaaswerkers mishandel. [Tussenwerpsels.] Ter inligting van die agb lid mnr Gelderblom, op daardie plaas mag mense nie eens 'n ANC-pet of 'n ANC-T-hemp dra nie, want dan word hulle van die plaas weggejaag. [Tussenwerpsels.]
Op daardie plaas is 'n plaaswinkel. Ek versoek die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke om na daardie plaas te gaan en 'n ondersoek te doen. Ek versoek hom om te gaan kyk watter goedere teen watter prys by daardie plaaswinkel verkoop word, en teen watter prys dit op die dorp verkoop word. [Tussenwerpsels.] Dit is baie duidelik dat uitbuiting, onmenslike behandeling, mishandeling, in my definisie daarvan, op daardie plaas sigbaar is. Dit is die mense waarna daardie agb lede verwys ... [Tussenwerpsels.] Nee, daar is 'n paar vrot appeltjies.

Nie lank gelede nie, moes ek met die agb lid mnr N M Isaacs, wat 'n plaas in die Touwsrivier-omgewing het, 'n saak opneem. Ons moet so te s 'n saak aanhangig maak omdat hy op 'n Kersfees een van sy bestuurders uitgesit het. Hy wou tien teen een vakansie hou, eerder in 'n klug leef ... [Tussenwerpsels.] Ek praat nie eens van daardie agb lid nie. [Gelag.] Die agb lid mnr N M Isaacs wou eerder leef in 'n klug.

Mnr N M ISAACS: Is jy ... [Tussenwerpsels.]

Mnr M L FRANSMAN: Hulle kom na die Huis en vertel mooi stories van plaasmense, oor hoe ons mense moet ophef en van die belange van ons mense, maar wat doen hulle? [Tussenwerpsels.] Soos die regering van die apartheidsera ...

Mnr N M ISAACS: As jy hier my lid was, sou ek jou uitgesit het.

Mnr M L FRANSMAN: ... - nee - gemaak het asof hulle nie deel gehad het aan rassistiese optrede nie en nie geweet het van al die onmenslike optrede teen ons mense nie. [Tussenwerpsels.] 'n Jakkals verander van hare maar nie van streke nie. [Tussenwerpsels.]

Meneer, in die situasie van plaaswerkers in die Wes-Kaap en die onderdrukking van plaaswerkers is 'n direkte simptoom van inherente diskriminasie, onderdrukking en rassisme by boere te bespeur. [Tussenwerpsels.] 

Mnr N M ISAACS: Dit is sy geraamtes.

Me T ESSOP: Is dit waar?

Mnr N M ISAACS: Dit is waar. Ek het hom afgesit. Hy het gesteel.

Mnr M L FRANSMAN: Ja. Nee, moet nie dit s nie. Die agb lid mnr Isaacs weet wat die waarheid is.

Meneer, Kofi Annan, die Sekretaris-generaal van die VN, het ges, en ek haal aan:

Bigotry, hatred, prejudice - these are the ugly symptoms of a sickness humanity ...

[Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr M L FRANSMAN: Kan ek voortgaan, meneer?

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Fransman mag voortgaan met sy toespraak.
Mnr M L FRANSMAN: Meneer, ek haal van voor af aan:

Bigotry, hatred, prejudice - these are the ugly symptoms of a sickness humanity has always and everywhere suffered.

Die "sickness" waarna hy verwys het, is niks anders as die rassisme wat plaaswerkers, soos ek so pas uitgespel het, vandag nog in die Wes-Kaap beleef nie.

Meneer, ek wil di Desperate Alliansie uitdaag. Ek wil weet wat hulle daaromtrent gaan doen. Ek wil van die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke in sy repliek hoor - hy sal tien teen een weer s daar is net 'n paar vrot appels, en so meer - wat hy met die vrot appels in die Huis gaan doen. Ons wil vandag 'n antwoord h.

Agb lede praat van 'n gedragskode. Hulle weet natuurlik dat die nasionale Minister van Arbeid ges het daar sal 'n gedragskode opgestel word. Ons het drie, vier jaar gelede daaroor gepraat ... [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Ons het dit lankal gedoen.

Mnr M L FRANSMAN: Die boere in die land wou dit nie h nie. [Tussenwerpsels.]

 Mnr J P GELDERBLOM: [Onhoorbaar.]

Mnr M L FRANSMAN: Ons moes hulle dwing.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Dit is nie waar nie.

Mnr M L FRANSMAN: Ons moes hulle dwing. [Tussenwerpsels.] Daar is nou 'n gedragskode onderteken tussen ... [Tussenwerpsels.] ... 

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Daar is ... [Onhoorbaar.]

Mnr M L FRANSMAN: U is die Minister en u weet nie.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Nee, Marius, dit is nonsens. 

Mnr M L FRANSMAN: Die gedragskode is onderteken deur die nasionale Minister, ...

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Dit is vier jaar gelede al gedoen.

Mnr M L FRANSMAN: ... georganiseerde arbeid en georganiseerde landbou. [Tussenwerpsels.] Mnr die Speaker, ons vra dus ...

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Nee, Marius. [Tussenwerpsels.]
Mnr M L FRANSMAN: Dit het niks met politiek te doen nie.

Mnr J P GELDERBLOM: Haai nee, ... [Tussenwerpsels.]

Mnr M L FRANSMAN: Dit het absoluut niks met politiek te doen nie. Ter inligting van die agb lid mnr Gelderblom, dit het alles te doen met die realiteit ... [Tussenwerpsels.] ... dat die DA die verkiesing sal verloor. Ek sal s waarom. Wanneer hulle 'n besluit moet neem tussen die belang van die boer wat hulle mishandel en die belang van die werker, kies hulle noodwendig die kant van die boer.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Maar dit is mos nie waar nie!

Mnr M L FRANSMAN: U kies noodwendig die kant van die boer. [Tussenwerpsels.]

Meneer, ek het nou 'n paar voorbeelde genoem. [Tussenwerpsels.] In hierdie Huis het ons oor die afgelope 12 maande daaroor gepraat. Ons het vir die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke gevra om dit op te volg, en dan staan hy met 'n glimlag op en praat asof dit nie die geval is nie. Hy gaan dit weer doen. Waarom? Hy gee nie vir plaaswerkers om nie. [Tussenwerpsels.] 

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Dit is nie waar nie! [Tussenwerpsels.] Dit is mos nie waar nie.

Mnr M L FRANSMAN: Ek herhaal, hy gee nie om vir plaaswerkers nie. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Dit is nie waar nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr M L FRANSMAN: Dit is die situasie wat ons ervaar. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Dit is nie waar nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr M L FRANSMAN: Dit is waar.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Jy weet dit is nie waar nie.

Mnr M L FRANSMAN: Dit is waar. Waarom word daar dan niks daaromtrent gedoen nie?

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Maar wat van al die aksies wat op plase gedoen word, Marius?

Mnr M L FRANSMAN: Nee. Wat die agb Minister en andere poog om te doen, is altyd goed. Kyk na die landbou, kyk na die grond ... [Tussenwerpsels.] Grondeienaarskap het nie hier verander nie.

Mnr N M ISAACS: Aan wie behoort die grond in die Wes-Kaap? Aan wie behoort die grond?
Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Daar is mos in elk geval heelwat boere wat anderskleurig is. Dit is nie net wit boere nie.

Mnr M L FRANSMAN: Die grond behoort grotendeels nog aan die wit minderheid in die Wes-Kaap. In die Wes-Kaap is 'n komitee wat kyk na staatsgrond. Wat doen hulle? Hulle probeer die grondpatrone in stand hou. Die Provinsiale Regering probeer seker maak dat die staatsgrond in hierdie provinsie steeds in wit hande bly. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Dugmore se stelling dat plaaswerkers aangeval en uitgesit word, is 'n arbitrre en heeltemal ongegronde stelling. [Tussenwerpsels.] Ek s nie dat voorvalle soos hierdie een nie voorkom nie. In sulke gevalle moet die reg sy gang gaan.

Misdaad vier hoogty in ons gemeenskap. As 'n boer die wet oortree, sal ek hom nie ondersteun nie. Ek verteenwoordig boere wat die wet gehoorsaam. 'n Boer wat 'n misdaad gepleeg het, moet die gevolge dra. Hy moet dienooreenkomstig aangekla en gestraf word, en dit moet met enige lid van die samelewing gebeur.

Suid-Afrika het wette vir mense wat misdaad pleeg. Ek sal nie brutaliteit deur die boere of plaaswerkers goedpraat nie. Mense wat aan hierdie misdade skuldig is, moet nie enige steun van my of my departement verwag nie.

Mnr die Speaker, ek wil die agb lede mnre Gelderblom en Winde opreg bedank vir hul positiewe bydraes tot die debat.

Meneer, ek wil by die laaste deel van die voorstel voor die Huis begin, waarin 'n beroep op my gedoen is dat daardie boere as lede van georganiseerde landbou geskors moet word. Die agb lid mnr Dugmore het dit vier keer herhaal. Ek sal nie my antwoord vier keer herhaal nie.

Georganiseerde landbou in die Wes-Kaap en in die land staan op hul eie bene en laat hulle nie voorskryf deur 'n politieke party nie. As daar 'n noue verbintenis tussen die ANC, Cosatu en die SAKP is, en hulle dinge aan mekaar kan voorskryf, wil ek dit vir hulle beklemtoon dat dit nie die geval met georganiseerde landbou is nie. Georganiseerde landbou neem hul eie besluite soos wat hulle goeddink. Georganiseerde landbou is onafhanklik en kan self hul besluite neem. Hulle is besig om 'n gedragskode daar te stel tussen plaaswerkers en hul werkgewers. Die onderhandelingsproses is aan die gang en die gedragskode sal binnekort onderteken word.

Die agb lid mnr Dugmore het vir my gevra vir die skorsing van iemand wat iets verkeerd doen. Ek wil graag weet of me Winnie Madikizela Mandela nog 'n lid van die ANC is. [Tussenwerpsels.] Dink die ANC nie hulle moet 'n voorbeeld stel nie? Hulle is baie bekommerd omdat die DA bekommerd is oor die situasie in Zimbabwe. Dit kom my voor asof hul leiers meer bekommerd is oor die situasie oor die wreld heen. Ek wil ons leiers, ook hul leiers, wat 'n slag terug is welkom heet in Suid-Afrika. Dit lyk vir my hulle het van hul eie mense vergeet. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die agb lid mnr Dugmore het verwys na 'n boer van Albertinia, mnr Cor Laubser. Agb lede moet nou mooi luister. Mnr Laubser is aangekla. Enkele dae later het die klaer die klag teruggetrek. Toe daar vir die klaer gevra is waarom hy die klag terugtrek, was sy antwoord dat die ANC hom aangemoedig het om die klag te l. [Tussenwerpsels.] Die klaer het sy klag teruggetrek. [Tussenwerpsels.] Agb lede moet hoor wat ek s. Die klaer het sy klag teruggetrek, en daardie agb lede maak asof dit algemene praktyk is.

Die staatsaanklaer het egter besluit om die klagtes van moord en ontvoering terug te trek, maar die klag van aanranding het hy na die Direkteur van Openbare Vervolging verwys as gevolg van die politieke geur van di klag. Die saak is tot 9 November 2000 uitgestel in afwagting van die uitslag.

Die volgende geval waarna ek wil verwys, is di van Willem Odendaal. Di boer is skuldig bevind en dien tans tronkstraf uit, en niemand raas buite die tronk dat hy vrygelaat moet word nie.

Ek kom nou by die Andrew Jonker-geval. Di saak is hoog op aanhangig gemaak. Die agb Leier van die Opposisie was daar. Hier het ek sy foto. In di geval is die aanklaer ook nie bereid om te vervolg nie. Hy het die saak na die Direkteur van Openbare Vervolging verwys vir uitsluitsel oor of hy moet vervolg, al dan nie.

Die volgende geval wat ek wil uitlig, is die Kobus Botha-geval. Mnr die Speaker, ek wil aan die Huis voorlees wat mnr Botha in sy verklaring ges het. Ek haal aan:

Die hele ANC-geselskap het op my plaas aangejaag gekom. Hulle het op my afgestorm. Ek het een man wat hom as 'n LP van die Wes-Kaapse Parlement voorgestel het, wie se naam ek nie nou kan onthou nie, ingenooi. Die ander man, mnr Rasool, het ek buite gelos. Teen ongeveer 3.30 die middag het die SAP opgedaag en ges hulle moet my in hegtenis neem omdat ek 'n dame met 'n vuurwapen gedreig het. Die gevolg was dat ek die aand in die tronk geslaap het.

Die volgende dag is mnr Botha vrygelaat. Die staatsaanklaer weier om hom te vervolg. Hy s daar is geen gronde vir vervolging nie.

Mnr Botha het 'n nag in die tronk geslaap. Die staatsaanklaer weier om hom te vervolg omdat daar geen gronde vir vervolging is nie. Mnr die Speaker, ek is ernstig. Ek wil vir die agb Leier van die Opposisie vra of daar politieke inmenging was wat daartoe gelei het dat hierdie boer aangekla is en 'n nag in die polisieselle geslaap het. Hierdie soort inmenging, is dit rassisme of is dit die uitleef van haat teen boere? Ek wil vir hom vra of hierdie boer 'n politieke eis het teen leiers wat veroorsaak het dat hy onskuldig in die tronk geslaap het. [Tussenwerpsels.]

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek wil graag weet of die agb Minister 'n antwoord sal neem.

Die SPEAKER: Orde! Sal die agb Minister 'n vraag neem?

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Nee, meneer, ek wil weet of hy 'n antwoord sal neem. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Die agb Leier van die Opposisie is buite orde. Die agb Minister mag voortgaan.

Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek stel die vraag aan die agb Leier van die Opposisie namens die gemeenskap daar buite. Hy kan hulle antwoord. [Tussenwerpsels.]

Meneer, ek wil van die agb Leier van die Opposisie weet of di boer 'n eis teen 'n politieke leier het wat veroorsaak het dat hy onskuldig in die tronk geslaap het. Ek wil van hom weet waarom hulle in groot getalle by die hof opdaag as 'n blanke boer aangekla word, en nie ook by alle ander gevalle van aanranding nie.

Mnr die Speaker, in die tweede plek wil ek die Huis daarop wys dat 'n persoon onskuldig is totdat die hof hom skuldig bevind het. Die getal klagtes wat gel word en die getal skuldigbevindings is twee verskillende statistieke.

Kom ons kyk na die statistieke. Die staatsaanklaer van Riversdal en Albertinia s oor die afgelope jaar was daar een skuldigbevinding op aanklag van aanranding, en di persoon dien tronkstraf uit; drie sake wag op uitsprake van die Direkteur van Openbare Vervolging; en daar was geen uitsettingsake nie - en ons hoor hier uitsettings is algemene praktyk.

Mnr die Speaker, op Mosselbaai was daar die afgelope vier jaar geen skuldigbevindings op aanklag van aanranding nie en een uitsettingsaak is hangend.

Op George en Knysna was daar die afgelope jaar nie 'n enkele saak van uitsetting of aanranding nie.

Op Oudtshoorn was daar oor die afgelope jaar een saak van aanranding waarin die beskuldigde onskuldig bevind is en een saak wat vir verdere ondersoek uitgestel is.

Mnr die Speaker, dit is alles deel van die ANC se strategie om die verhoudinge tussen plaaswerkers en plaaseienaars af te breek. Hulle het 'n saak aan die groot klok gehang nog voordat die beskuldigde skuldig bevind is. In die Cor Laubser-saak is die klagte van moord en ontvoering teruggetrek en die klag van aanranding is na die Direkteur van Openbare Vervolging verwys. Nogtans word die saak vandag hier opgehaal asof daar alreeds 'n skuldigbevinding was. Dit is misleidende en oneerbare taktiek wat die goeie werk van landbouers onder onregverdige verdenking plaas.

Ek is bewus van vier aanklagte van aanranding, waaraan daar net in een saak 'n skuldigbevinding was. Om van die uitsondering die rel te maak, en boonop daardeur die landboubedryf in sy geheel onder verdenking te plaas, lewer geen konstruktiewe bydrae tot werkskepping of ekonomiese groei in die landelike omgewing nie.

Waarom word aanhoudend beweer dat boere hul werkers so sleg behandel? Die Suzman Stigting het in 1998 navorsing gedoen en bevind dat 93% van alle plaaswerkers die verhouding tussen hulle en hul werkgewers as baie goed, goed en redelik beskryf het. [Tussenwerpsels.]

Die ANC is gedurig besig om die waarheid te verdraai ...
Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: ... - Tasneem, luister - of valse stellings te maak. Hulle versprei pamflette waarin ek aangehaal word as sou ek ges ... [Tussenwerpsels.] ... het, "Dit gaan heel goed met plaaswerkers in die Wes-Kaap."

Die SPEAKER: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: In di pamflet s hulle ek s, "Dit gaan heel goed met plaaswerkers in die Wes-Kaap." Ek wil dit duidelik stel aan almal, dit is 'n infame leuen. Ek was die een wat oor die afgelope tyd in hierdie Huis ges het ons moet 'n slag iets positiefs vir plaaswerkers doen.

'n AGB LID: Ja.

Die MINISTER: Ek het ges ons moet ophou praat en 'n slag iets positiefs vir plaaswerkers doen, en ... [Tussenwerpsels.] ... ek kan die resultate wys. [Tussenwerpsels.] Die DA is die enigste party in di Provinsie wat iets vir plaaswerkers doen.

Die agb lid mnr Fransman het gepraat van 'n boer wat sy werker agter sy bakkie aangesleep het. Daardie man is nie 'n boer nie. Hy is 'n boukontrakteur en hy woon nie eens op 'n kleinhoewe nie, maar dit ignoreer die agb lid gerieflikheidshalwe. [Tussenwerpsels.] Dit staan ook in die ANC se pamflet. [Tussenwerpsels.] Dit staan hier geskryf. [Tussenwerpsels.] Ek kan dit vir daardie agb lede voorlees.

Hy het gepraat van 'n minimumloon vir plaaswerkers wat die ANC ingestel het - en ek het die pamflet hier. Dit is nie waar nie. In Suid-Afrika is daar nie 'n minimumloon vir plaaswerkers nie. [Tussenwerpsels.] Kom ek leer vir hulle iets. Daar is nog nie 'n minimumloon vir plaaswerkers nie.

Mnr M L FRANSMAN: Maar ons is besig daarmee.

Die MINISTER: Elke jaar voor 'n verkiesing begin hulle daarmee, en as die verkiesing verby is, bly hulle doodstil daaroor. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: Om oor 'n enkele klagte van aanranding 'n stelling te maak, soos dat aanranding en uitsetting van plaaswerkers steeds op plase in ons provinsie voorkom, is 'n veralgemening. Dit skep die persepsie dat alle boere plaaswerkers aanrand en sleg behandel.

Mnr die Speaker, kom ek stel dit anders - miskien hoor hulle dan. Die agb lid mnr McKenzie moet ook luister na wat ek s. Oor die afgelope vier jaar is 900 boere in Suid-Afrika vermoor. Tagtig persent van die mense wat skuldig bevind is, is swartmense. Hulle moet luister na wat ek s - 80% van die mense wat skuldig bevind is, is swartmense. Ek weet, en ek is oortuig, dat 99% van die swartmense goeie mense is, so ek veralgemeen nie en s nie alle swartmense is misdadigers nie. Ek vra daardie agb lede om op dieselfde manier nie te veralgemeen en te s dat alle boere hul mense mishandel nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ten slotte wil ek vir die agb lid mnr Dugmore s dat hy, noudat hy so bekommerd is oor die situasie van plaaswerkers in die Suid-Kaap, eerder met die President moet praat oor die droogte in die Suid-Kaap ...

AGB LEDE: Ja!

Die MINISTER: ... en oor die opgestapelde onbeantwoorde versoeke waarop ons nog geen reaksie gekry het nie. [Tussenwerpsels.] Dit is 'n aksie wat iets positiefs vir die hele Suid-Kaap kan beteken. Ek stel voor dat hy eerder 'n debat aanvra oor waarom sy President nog nie geantwoord het op die droogteramp-versoeke van die Suid-Kaap nie. Dit is 'n aksie wat nie net vier mense sal bevoordeel nie, maar al die mense van die Suid-Kaap.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil graag weet wat die prosedure ten opsigte van voorstelle is. Ek het verstaan dat ons 'n gebruik ontwikkel het dat die onderwerp vir bespreking aan die einde van 'n debat aan die Huis gestel sou word. [Tussenwerpsels.] Wag net 'n oomblik.

Die SPEAKER: Orde!

Mnr C M DUGMORE: Meneer, kan ek beskerm word? Ons is bewus van die aanvanklike gebruik waar ons bloot die debat afgesluit het, maar ons het hierdie aangeleentheid toe opgehaal en ingegaan op die vraagstuk om voorstelle tot stemming te bring. Dit is nogal 'n belangrike saak hierdie. Is ons bereid om 'n beroep te doen op georganiseerde landbou om lede te dissiplineer wat betrokke mag wees? Wat ek aanvoer, is dat dit hier tot 'n stemming gebring moet word, sodat ons die gevoel van die Huis oor die voorstel kan toets.

*Die SPEAKER: Orde! Die saak wat ons bespreek het, is aanvanklik as 'n kennisgewing van 'n voorstel op die Ordelys geplaas. Vandag verskyn hierdie aangeleentheid op die Ordelys as 'n onderwerp vir bespreking, omdat die Swepe ooreen moes gekom het dat dit op hierdie wyse verander word. 'n Onderwerp vir bespreking kan nie aan die Huis gestel word om daaroor te stem nie. Om dit nou te verander, sal die hele Huis moet instem daartoe en dit sou 'n ordevoorstel moes wees, wat die agb lid mnr Dugmore kan voorstel, as hy wil. Ek dink egter dat ons ooreenkomste moet respekteer waartoe die Swepe kom, en veral die ooreenkoms waartoe hulle in hierdie verband gekom het. Niks verhoed enige lid natuurlik om dit in die toekoms op die Ordelys as 'n voorstel te plaas nie, en indien daardie lid dit nie terugtrek nie, moet die Huis homself oor daardie voorstel uitlaat.

*Mnr C M DUGMORE: Dankie, mnr die Speaker.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil graag weet of dit in orde is dat die opposisie in elke sitting van hierdie Huis die slegste daarvan afkom in debatte. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake weet dat dit nie 'n punt van orde is nie.

Debat afgesluit.

WERKSAAMHEDE VAN HUIS

(Voorstel)

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis tot 9 Februarie 2001 verdaag, maar dat die Speaker, ondanks die bepalings van Rels 14 en 18, die Huis vir dringende werksaamhede byeen kan roep.

Goedgekeur.

Die SPEAKER: Orde! Ek wens agb lede 'n aangename verkiesingstyd toe.

Die Huis verdaag om 16:25.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

DONDERDAG, 21 SEPTEMBER 2000

TERTAFELLEGGINGS:

1. Die Speaker:

Wetsontwerpe ontvang van die nasionale Parlement en ingevolge Rel 208 ter tafel gel: 

(i) Portfolio Committee Amendments to Adult Basic Education and Training Bill [B42A-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(ii) Adult Basic Education and Training Bill [B42B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(iii) Transnet Pension Fund Amendment Bill [B57-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(iv) Portfolio Committee Amendments to Transnet Pension Fund Amendment Bill [B57A-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(v) Transnet Pension Fund Amendment Bill [B57B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(vi) South African Boxing Bill [B58-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(vii) Construction Industry Development Board Bill [B59-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

2. Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme:

(i)	Kennisgewing ingevolge Rel 134 van die Reglement van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement as volg:

Ingevolge Rel 134 van die Reglement van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement, trek ek hiermee die Wes-Kaapse Wetsontwerp op Toerisme [W8-2000] terug.

(ii)	Verslag van magtiging ingevolge artikels 25(4)(a) en 25(5) van die Public Finance Management Act (PFMA) (Wet 1 van 1999), gedateer 30 Augustus 2000, soos volg:

Ingevolge artikels 25(4)(a) en 25(5) van die PFMA, doen ek hiermee verslag oor die volgende magtiging vir tertafellegging in die Provinsiale Parlement en die openbaarmaking daarvan:

Ingevolge die magte aan my verleen deur artikel 52(1) van die PFMA (Wet 1 van 1999), en artikel 5 van die Wes-Kaapse Wet op Regstreekse Laste, 2000 (Wet 6 van 2000), het ek, Leon D Markovitz, provinsiale Minister belas met finansile aangeleenthede, die onttrekking van R28,085 miljoen van die Wes-Kaapse Provinsiale Inkomstefonds vir die 2000-01-boekjaar as 'n regstreekse las gemagtig om uitgawes van 'n buitengewone aard te delg, waarvoor daar nie tans voorsien word in Begrotingspos 10 - Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme, om te vergoed vir bykomende uitgawe as gevolg van vloedskade en wat nie tot 'n volgende begroting deur die Provinsiale Parlement uitgestel kan word sonder ernstige benadeling van die openbare belang in die Provinsie nie.

DONDERDAG, 5 OKTOBER 2000

AANKONDIGING:

Die Speaker:

Die volgende veranderings is met ingang van 1 Oktober 2000 aan die lidmaatskap van Komitees aangebring:

Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe:

Lede

Aangestel: E Isaacs en N M Isaacs (Voorsitter)
	Onthef: A Ismail

MAANDAG, 9 OKTOBER 2000

TERTAFELLEGGINGS:

1. Die Speaker:

Wetsontwerpe ontvang van die nasionale Parlement en ingevolge Rel 208 ter tafel gel: 
(i) Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp [W60-2000].

(ii) Council for Medical Schemes Levies Bill [B61-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(iii) Wysigingswetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Reserwebank [W62-2000].

(iv) Wysigingswetsontwerp op Geregtelike Aangeleenthede [W63-2000].

(v) South African Rail Commuter Corporation Limited Financial Arrangements Bill [B64-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(vi) African Renaissance and International Co-operation Fund Bill [B65-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(vii) Chiropractors, Homeopaths and Allied Health Service Professions Second Amendment Bill [B66-2000]. (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

2. Die Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme: 

Finale Weergawe van die Wes-Kaapse Fiskale Beleid: 2001 - 2004.

KOMITEEVERSLAE:

1.	Verslag van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oor die Wysigingswetsontwerp op Toerisme [W50B-99] (NRVP), gedateer 19 September 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wysigingswetsontwerp op Toerisme [W50B-99] (NRVP), wat ingevolge die rels van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) na die Wetgewer verwys is, wens hy verslag te doen dat hy die Wes-Kaapse afvaardiging in die NRVP met die gesag beklee om die Wetsontwerp met die volgende aanbeveling te steun:

Dat groter duidelikheid verkry word wat betref tussentydse befondsingsmaatrels vir die delegasie van die toeristegids-funksie vanaf nasionale vlak na provinsiale vlak.

2. 	Verslag van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oor die Construction Industry Development Board Bill, [B 59-2000] (NCOP), gedateer 2 Oktober 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Construction Industry Development Board Bill [B 59-2000] (NCOP), wat ingevolge die rels van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) na die Wetgewer verwys is, wens hy verslag te doen dat hy die Wes-Kaapse afvaardiging in die NRVP met die gesag beklee om die Wetsontwerp met die volgende aanbevelings te steun:

1. Dat voorsiening gemaak word vir die invoeging van die audi alterem partem rel in subartikel 19(2).

2. Dat die verteenwoordiging in die Raad oorweeg word betreffende die verskillende kategorie organisasies. 

3.	Dat in die Engelse teks, op Klousule 14, op bladsy 18, in rel 15, "once every five years" geskrap en deur "annually" vervang word.

3.	Derde Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, gedateer 2 Oktober 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge getuienis aangehoor en oorweeg het oor sekere aspekte wat ingesluit is in die -

1. Provinsiale Tesourie-antwoorde op die verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, 1999 (Aankondigings, Tertafelleggings en Komiteeverslae, No. 4 - 2000, gedateer 28 Februarie 2000).

2. Verslae van die Ouditeur-generaal oor die Finansile State van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999: 

* Begrotingspos 8 - Handel, Nywerheid en Toerisme [PR 16/2000]
* Begrotingspos 12 - Onderwys [PR 66/2000]
* Begrotingspos 17- Vervoer [PR 37/2000]

wens hy soos volg verslag te doen:

TESOURIE-ANTWOORDE OP VERSLAE VAN STAANDE KOMITEE OOR OPENBARE REKENINGE

1.	Resolusie 9: Behuisingsaangeleenthede

Nadat die Komitee getuienis aangehoor het oor die antwoord op Resolusie 9, gedateer 22 Oktober 1999, neem hy kennis dat die Nasionale Departement van Behuising eers op 7 Augustus 2000 sekere riglyne aan die Provinsiale Administrasie uitgereik het oor die implementering van die Behuisingswet (Wet No 107 van 1997). Die Komitee wil graag sy ontevredenheid uitspreek teenoor die betrokke partye vir die lang vertraging om die betrokke riglyne te verkry en uit te vaardig sedert die Behuisingswet op 1 April 1998 in werking getree het. Volgens getuienis het die tekort aan duidelike voorskrifte oor die finansile implementering van die bepalings van die Wet onder andere die effek gehad dat -
(a) die bepalings van die Wet nie deur sekere munisipaliteite gemplementeer is nie;

(b) die bepalings van die Wet verkeerdelik en/of inkonsekwent deur verskeie munisipaliteite gemplementeer is;

(c) nie al die inkomste wat sedert 1 April 1998 in die voorgeskrewe Behuisingsbedryfsrekening van verskeie munisipaliteite inbetaal moes word, ontvang is nie;

(d) die finansile posisie en die resultate van die Behuisingsbedryfsrekening nie behoorlik in die finansile state van die munisipaliteite weerspiel word nie; en

(e) die doelstellings van die Wet nie bereik word nie of die bereiking daarvan vertraag word.

Die Komitee wil derhalwe aanbeveel dat die Provinsiale Administrasie onmiddellik stappe doen om die korrekte rekenkundige maatrels van die betrokke behuisingstransaksies met die Nasionale Departement van Behuising en / of ander partye wat betrokke is, bespreek en munisipaliteite inlig oor die korrekte toepassing en rekenkundige maatrels van die bepalings van die Behuisingswet. Daar word verder aanbeveel dat die Administrasie munisipaliteite aktief monitor sodat hulle hul finansile administrasie van behuisingsaangeleenthede ingevolge die riglyne met terugwerkende effek vanaf 1 April 1998 kan regstel.

2.	Resolusie 10: Gradering van munisipaliteite en vergoeding en byvoordele van amptenare

Nadat die Komitee getuienis aangehoor het oor die antwoord op Resolusie 10, gedateer 22 Oktober 1999, wil hy sy ontevredenheid uitspreek dat daar nog steeds geen konsensus tussen die Provinsiale Departement van Plaaslike Bestuur en die Wes-Kaapse Afdeling van die Bedingingsraad, asook die partye daartoe, is oor die prosedure en/of magtiging benodig wanneer 'n munisipaliteit bykomende vergoeding en/of byvoordele aan sy werknemers toestaan nie. Volgens getuienis is daar verskeie gevalle in die Wes-Kaap waar munisipaliteite bykomende vergoeding en/of byvoordele aan hul Stadsklerke en ander werknemers toegestaan het sonder die amptelike goedkeuring of vrystelling van die plaaslike afdeling van die Bedingingsraad. In sekere gevalle het die Bedingingsraad ook aangedui dat hy nie bereid is, of die mandaat het, om by 'n versoek vir vrystelling af te wyk van die kollektiewe ooreenkoms in di verband nie. Daar is ook kennis geneem dat daar sterk aanduidings is dat sodanige bykomende vergoeding en/of byvoordele beskou moet word as ongemagtigde uitgawe ingevolge artikel 10G(2)(j)(ii) en (iii) van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993.

Die Komitee beveel derhalwe aan dat die Provinsiale Administrasie dringend hierdie aangeleentheid onder die aandag van die Nasionale Departement van Provinsiale Sake en Plaaslike Bestuur bring en hulle versoek om -

(a) duidelikheid te verkry of sulke gevalle, waar die nodige goedkeuring / vrystelling nie verkry is nie, beskou moet word as ongemagtigde uitgawe en wie die finale gesag het ingevolge die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, om die moontlike goedkeuring van sulke ongemagtigde uitgawe te oorweeg en wat die basis vir die bepaling van die bedrag vir die herwinning van sulke oorbetalings is;

(b) 'n regsopinie in te win van die Hoof-staatsregsadviseur oor die mandaat en locus standi van die Nasionale Bedingingsraad, die Provinsiale Afdeling daarvan en die Provinsiale Administrasie. 'n Opinie moet ook ingewin word oor hoe afwykings van kollektiewe ooreenkomste en resolusies deur die Bedingingsraad opgelos kan word. In die lig van die komende plaaslike bestuursverkiesings is dit van die uiterste belang dat die regsopinie binne 30 dae vanaf die datum van hierdie verslag ingewin word en 'n afskrif deur die Provinsiale Administrasie aan die Komitee verskaf word; en

(c) die riglyne, regulasies en prosedures te finaliseer wat na die verkiesings deur die nuut-afgebakende munisipaliteite gevolg moet word vir die bepaling van vergoeding en byvoordele van hulle werknemers. 

Daar word verder aanbeveel dat die plaaslike afdeling van die Bedingingsraad en die Provinsiale Administrasie dringend konsensus bereik oor die regstellende aksie wat geneem moet word met betrekking tot die verbetering van diensvoorwaardes by die Munisipaliteite van Ashton, Citrusdal, Stilbaai en Vredendal asook die Breederivier Distriksraad, wat nie aan die betrokke vereistes voldoen nie.

3.	Mandate van Provinsiale Administrasie met betrekking tot Plaaslike Bestuursaangeleenthede

Nadat die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg het oor die Tesourie-antwoorde, wil hy sy kommer uitspreek oor die Provinsiale Administrasie se standpunt dat dit nie die nodige magte het om sekere maatrels by plaaslike besture te reguleer, beheer uit te oefen en te implementeer nie. Kennis is ook geneem van die behoefte om die onafhanklike status van plaaslike besture en ingevolge artikel 151 van die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 1996, te erken en te respekteer. Die Komitee is egter van mening dat die Grondwet en die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, spesifiek artikels 10, 10F en 10G(2)(m), 'n voldoende mandaat aan die Provinsiale Administrasie in di verband verskaf.

Die Komitee beveel aan dat enige onsekerheid in hierdie verband, in samewerking met al die betrokke rolspelers, dringend deur die Provinsiale Administrasie uitgeklaar word. 'n Regsopinie moet deur die Nasionale Departement van Provinsiale Sake en Plaaslike Bestuur oor die aangeleentheid ingewin word.

In die lig van die opkomende plaaslike bestuursverkiesings is dit van die uiterste belang dat die regsopinie binne 30 dae vanaf die datum van die verslag verkry moet word en 'n afskrif deur die Provinsiale Administrasie aan die Komitee verskaf word.

VERSLAE VAN OUDITEUR-GENERAAL

4.	Begrotingspos 8 - Handel, Nywerheid en Toerisme (Verslag van die Ouditeur-generaal [PR 16/2000 - bladsy 3, paragraaf 2.2.1 (b)]) : Wes-Kaapse Tenderraad-voorskrifte nie gevolg nie: Ongemagtigde uitgawe, R1 088 417,40

Die ongemagtigde uitgawe ten bedrae van R1 088 417,40, voortspruitend uit die verkryging van goedere en dienste sonder dat die algemene voorwaardes en prosedures asook die voorskrifte van die Provinsiale Tenderraad nagekom is, in besonder die feit dat kwotasies vir dienste of spesifieke vrystelling van hierdie prosedure nie verkry is nie, is oorweeg. In getuienis het die departement erken dat die nienakoming van verkrygings-voorskrifte hoofsaaklik as gevolg van nuwe personeel en die gebrek aan opleiding was. Daar is ook kennis geneem dat die Tenderraad 'n aansoek vir ex post facto goedkeuring van die uitgawe geweier het omdat dit nie 'n noodgeval of in die beste belang van die Provinsie was nie. Die Komitee wil sy ontevredenheid uitspreek oor die gebrek aan opleiding in en verontagsaming van Tenderraad-voorskrifte, maar neem kennis van die stappe wat deur die departement gedoen is om die situasie in die verband te verbeter.

Nadat getuienis aangehoor en oorweeg is dat -

* optrede sonder enige nalatigheid plaasgevind het;
* die Provinsie as gevolg daarvan geen verlies gely het nie;
* regstellende stappe gedoen is om 'n herhaling te voorkom; en
* buitengewone omstandighede geheers het;

beveel die Komitee aan dat die bedrag van R1 088 417,40 deur die Provinsiale Parlement gemagtig word. Die Komitee wil ook aanbeveel dat rekenpligtige beamptes behoorlike sorg en beheer uitoefen oor alle sake wat binne hulle verantwoordelikheid val, aangesien die Komitee in die toekoms 'n sterk standpunt gaan inneem ten opsigte van die toepassing van die bepalings van die PFMA, veral wat betref die herwinning van onrelmatige en ongemagtigde uitgawe deur verantwoordelike amptenare asook die instelling van dissiplinre stappe in gevalle van finansile wanbestuur.

5.	Begrotingspos 12 - Onderwys (Verslag van die Ouditeur-generaal [PR 66/2000 - bladsy 2, paragraaf 2.2.1 (b)]) : Nienakoming van Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraadvoorskrifte: Ongemagtigde uitgawe, R30 998 125,20

Volgens die verslag van die Ouditeur-generaal het die departement by die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad aansoek gedoen om ex post facto goedkeuring vir die nienakoming van die Tenderraad se voorwaardes en prosedures met betrekking tot sekere kontrakte vir die lewering van sekuriteitsdienste by verskeie skole vir die tydperk 1 September 1995 tot 31 Desember 1999 wat ingevolge delegasies onder noodomstandighede aangegaan is. Alhoewel die departement in sy aansoek aangedui het dat kondonering ten opsigte van uitgawes ten bedrae van R18 998 125,20 versoek word, het die Provinsiale Tenderraad tydens oorweging van die aangeleentheid vasgestel dat die werklike bedrag R30 998 125,20 beloop. Die Tenderraad was egter nie bereid om sodanige ex post facto goedkeuring te verleen nie aangesien dit bevraagteken is of die uitgawe in die beste belang van die staat was. Die Raad het ook sy kommer uitgespreek dat die situasie moontlik ononderbroke sou voortgegaan het indien die departement nie onder druk was om sy aansoek in te dien nie.

	Die Komitee het getuienis aangehoor dat moontlike ongerymdhede by die Departement van Gesondheid deur die Interne Oudit-komponent van die Administrasie ondersoek is. In die lig van die soortgelyke omstandighede by die Departement van Onderwys, en om die Komitee in staat te stel om te verseker dat die proses wat gevolg is tydens die aanstel van sekuriteitsmaatskappye in die algemeen voldoen aan die grondbeginsels van staatsverkrygings nl. regverdigheid, deursigtigheid en koste-effektiwiteit, beveel aan dat aspekte rondom die verkryging van sekuriteitsdienste by alle departemente, en in besonder die Departement van Onderwys, dringend onderhewig gemaak moet word aan 'n forensiese oudit deur die Administrasie se Interne Oudit-komponent. Die Komitee beveel verder aan dat deeglike oorweging tydens die oudit aan die volgende gegee word:

(a) die koste-effektiwiteit daarvan deur die Direkteur-generaal gemonitor word met behoorlike inagneming van die ander aktiwiteite van die Interne Oudit-komponent;

(b) alle moontlike ondersteuning wat betref personeel en finansile bystand aan die betrokke oudit verskaf word; 

(c) die standaard en effektiwiteit van opleiding wat aan die personeel van die betrokke sekuriteitsmaatskappye verskaf is, bepaal word;

(d) die nakoming van wetsvereistes wanneer maatskappye of geslote korporasies gestig word, asook die moontlikheid van 'n verhouding en dubbele direkteurskap / eienaarskap tussen die betrokke maatskappye ondersoek word;

(e) die regverdigheid en koste-effektiwiteit van die prysstelsel wat gebruik is en of dit tot voordeel of verlies van die Administrasie was in vergelyking met oop tenders;

(f) die impak op die sekuriteitsdiensbedryf in die algemeen en spesifiek op klein, medium en makro ondernemings asook werkskepping in die bedryf en die metode wat gevolg is tydens die toekenning van hierdie kontrakte; en

(g) dat daar nie 'n oormatige invloed deur amptenare tydens die toekenning van kontrakte was nie.

'n Vorderingsverslag oor die forensiese oudit moet binne 30 dae vanaf die datum van hierdie verslag aan die Komitee voorgel word.

6.	Begrotingspos 17 - Vervoer (Verslag van die Ouditeur-generaal [PR 37/2000 - bladsy 5, paragraaf 3.4 (a)]) : Tenderraad-goedkeuring (Brackenfell) : Ongemagtigde uitgawe, R8 300

Die Komitee het getuienis aangehoor en oorweeg oor die omstandighede rondom die aankoop van 'n tafeltoonbankeenheid vir R8 000, wat 'n duidelike verontagsaming en gebrek aan opleiding in die nakoming van Tenderraad voorskrifte is. Daar is ook kennis geneem dat die departement erken het dat die betrokke bedrag nie behoorlik gemagtig is nie en dit daarom onnodig geag het om die aangeleentheid aan die Tenderraad voor te l omdat dit nie 'n noodgeval of in die beste belang van die Administrasie was nie. Terwyl daar kennis geneem is van die feit dat hierdie aspek nou 'n integrale deel van die departement se opleidingsprogram vorm en dat die verantwoordelike beampte berispe is, wil die Komitee weer eens sy ontevredenheid uitspreek oor die verontagsaming van Tenderraad-voorskrifte.

Nadat getuienis aangehoor en oorweeg is dat - 

* optrede plaasgevind het sonder enige nalatigheid;
* die Provinsie as gevolg daarvan geen verlies gelei het nie;
* regstellende stappe gedoen is om die voorval te voorkom; en
* buitengewone omstandighede geheers het,

beveel die Komitee aan dat -

(a) die bedrag van R8 300 deur die Provinsiale Parlement gemagtig word; en

(b) alle soortgelyke gevalle, nieteenstaande die departement se standpunt of die betrokke uitgawe ongemagtig is of nie, sonder uitsondering aan die Tenderraad vir sy amptelike goedkeuring voorgel word.
Die Komitee wil ook aanbeveel dat rekenpligtige beamptes behoorlike sorg en beheer uitoefen oor alle sake wat binne hulle verantwoordelikheid val, aangesien die Komitee in die toekoms 'n sterk standpunt gaan inneem ten opsigte van die toepassing van die bepalings van die PFMA, veral met betrekking tot die herwinning van onrelmatige en ongemagtigde uitgawe deur verantwoordelike amptenare en die instelling van dissiplinre stappe in gevalle van finansile wanbestuur.

Die Komitee beveel aan dat hy binne 60 dae vanaf die datum van hierdie verslag deur die Direkteur-generaal ingelig word oor die vordering wat gemaak word met die implementering van die aanbevelings of soos andersins in spesifieke Resolusies aangedui, en beveel verder aan dat hierdie Verslag deur die Huis oorweeg word.

4.	Verslag van die Staande Komitee oor Gesondheid, Maatskaplike Dienste, Kantoor van die Premier en Korporatiewe Dienste, oor die National Health Laboratory Service Bill [B52-2000] (NCOP), gedateer 2 Oktober 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Gesondheid, Maatskaplike Dienste, Kantoor van die Premier en Korporatiewe Dienste oorweging geskenk het aan die onderwerp van die National Health Laboratory Service Bill [B52-2000], wat ingevolge die Rels van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) na die Wetgewer verwys is, wens hy verslag te doen dat hy die Wes-Kaapse afvaardiging in die NRVP met 'n finale mandaat beklee om die Wetsontwerp met die volgende aanbevelings te ondersteun:

Klousule 18(c):

Enige fondse deur die Parlement begroot soos genoem in klousule 18(c), moet nie verwys na 'n verskuiwing van begrote fondse vanaf provinsiale Gesondheids-departemente na die National Health Laboratory Service (NHLS) nie, ongeag of hierdie fondse deel vorm van die gelyke deel of van 'n voorwaardelike toelaag nie.

Klousule 20(b):

Die voorgestelde fooi moet onderhandel en ooreengekom word deur die hoof van die provinsiale departement wat die diens aankoop.

Klousule 15(1):

Verskaffers van openbare gesondheidsektordienste kan laboratoriumdienste van die NHLS aankoop ("moet" word vervang met "kan"). 'n Meer koste-effektiewe en vinniger diens wat deur die privaatsektor gelewer word, moet nie as 'n opsie uitgesluit word nie.

Klousule 28: Oorgangsbepalings:

Persone in diens van die staat: Klousule 3(2)
Hierdie klousule behoort geskrap word, want dit kan ander wetgewing weerspreek en bind die LUR in 'n proses wat in teenstelling met aanvaarbare arbeidsverhoudingspraktyke in Suid-Afrika kan wees.

MEMORANDUM

Paragraaf 4 - Implikasies vir die provinsies:

Met verwysing na sin: "All provinces have been consulted and they support the Bill", is hierdie wetsontwerp aan "MINMEC" voorgel en nie in besonderhede met elke LUR of Provinsie bespreek nie. Geen skriftelike ondersteuning is deur die Wes-Kaap versoek of verskaf nie.

Die Komitee wil ook versoek dat die wetsontwerp teruggehou moet word, totdat die volgende aangespreek is:

Wet op Mededinging, 1998:

Die skepping van die NHLS as die verkose verskaffer van laboratoriumdienste aan die openbare sektor en as 'n organisasie beskikbaar om dienste te lewer aan die privaatsektor, kan ook in teenstelling met die Wet op Mededinging wees. 'n Regsopinie moet in hierdie verband verkry word.

Wet op Interregerings-fiskale betrekkinge, 1997:

Klousule 20(b) van die Wetsontwerp bepaal dat die voorgestelde fooie onderhandel en deur die Provinsiale Hoofde van Departemente van Gesondheid onderhandel en goedgekeur moet word. Bykomend hiertoe bepaal artikel 3(a) en (b) van die Wet op Interregerings-fiskale betrekkinge 1997, dat die Begrotingsraad die liggaam is waar nasionale en provinsiale regerings oorleg pleeg oor "enige fiskale, begrotings- of finansile aangeleentheid rakende die provinsiale regeringsfeer..." en "enige voorgestelde wetgewing of beleid wat 'n finansile implikasie het die vir die provinsies..." Dit beteken dat die NHLS-wetsontwerp, asook enige veranderinge in tariewe, bespreek moet word by die Begrotingsraad. Daar is soortgelyke bepalings vir konsultasie tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regerings by die Begrotingsraad in artikel 6(a) en (b) van dieselfde Wet.

Oordrag van bates aan NHLS:

Item 7 van die oorgangsbepalings in die bylae tot die wetsontwerp maak voorsiening vir die outomatiese oordrag van roerende en onroerende bates vanaf die provinsie na die NHLS. Daar kan betoog word dat hierdie bepalings ook inbreuk maak op die funksionele en institusionele integriteit van die provinsie soos vervat in artikel 41(g) van die nasionale Grondwet.

'n Regsopinie moet verkry word oor die implikasies, meganismes en beperkings van die oordrag van bates vanaf 'n provinsie na die NHLS.

Oordragbepalings - Personeeloorplasings:

In die Bylae van Oordragbepalings, paragraaf 3, moet die volgende bygevoeg word: "The transfer of employees to the NHLS from Provincial and State laboratories must be in terms of section 41 of the Public Service Act 1994 and section 197 of the Labour Relations Act".

Klousule 3(2) moet geskrap word, want dit bind die LUR in 'n proses wat teenstrydig mag wees met aanvaarbare arbeidsverhoudingspraktyke in Suid-Afrika. 

PFMA: 

Artikel 35 van die PFMA (Wet No 1 van 1999) maak duidelik voorsiening dat die volgende ingedien moet word wanneer nasionale konsepwetgewing ter tafel gel word:

Nasionale konsepwetgewing wat 'n bykomende funksie of mag toedeel, of wat enige ander verpligting op 'n provinsiale regering plaas, moet in 'n memorandum wat in die Parlement met die wetgewing ingedien word, 'n projeksie gee van die finansile implikasies van daardie funksie, mag of verpligting aan die provinsie.

In die lig van bogenoemde, kan die wetsontwerp nie oorweeg word nie totdat 'n memorandum ingedien word wat die volgende aandui: 

a)	Voorgeskrewe fooie. (Artikel 20(1)(a))
b)	Effek van die begroting. (Artikel 18 (c))
c)	Totale verwagte finansile implikasies aan die Provinsies.

Klousule 5 van die NHLS - wetsontwerp magtig die Diens om:

* geld te leen;
* vrywarings of waarborg ooreenkomste aan te gaan; en
* kontrakte aan te gaan wat die Nasionale Inkomstefonds finansieel kan bind.

Die Wes-Kaap beveel aan dat die betrokke bepalings van klousule 5 en ander finansile aspekte van die wetsontwerp eers weer nagegaan word, gesien bepalings van die "PFMA".

WOENSDAG, 11 OKTOBER 2000

TERTAFELLEGGING:

Die Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme:

Jaarverslag van die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne 1999 - 2000.

KOMITEEVERSLAE:

1.	Verslag van die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake oor die Adult Basic Education and Training Bill [B42B-2000] (NCOP), gedateer 9 Oktober 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Adult Basic Education and Training Bill [B42B-2000] (NCOP), wat ingevolge die Rels van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) na die Wetgewer verwys is, het hy die eer om verslag te doen dat hy die Wes-Kaapse afvaardiging in die NRVP met die gesag beklee om die Wetsontwerp te ondersteun.

2.	Verslag van die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake oor die Education Laws Amendment Bill [B48B-2000] (NCOP), gedateer 9 Oktober 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Education Laws Amendment Bill [B48B-2000] (NCOP), wat ingevolge die Rels van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) na die Wetgewer verwys is, het hy die eer om verslag te doen dat hy die Wes-Kaapse afvaardiging in die NRVP met die gesag beklee om die Wetsontwerp te ondersteun.

3.	Verslag van die Staande Komitee oor Gesondheid, Maatskaplike Dienste, Kantoor van die Premier en Korporatiewe Dienste oor die Chiropractors, Homeopaths and Allied Health Service Professions Amendment Bill [B66-2000] (NCOP), gedateer 9 Oktober 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Gesondheid, Maatskaplike Dienste, Kantoor van die Premier en Korporatiewe Dienste oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Chiropractors, Homeopaths and Allied Health Service Professions Amendment Bill [B66-2000] (NCOP), wat ingevolge die Rels van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) na die Wetgewer verwys is, het hy die eer om verslag te doen dat hy die Wes-Kaapse afvaardiging in die NRVP met die gesag beklee om die Wetsontwerp te ondersteun.

MAANDAG, 30 OKTOBER 2000

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

1.	Wetsontwerpe ontvang van die nasionale Parlement en ingevolge Rel 208 ter tafel gel:

(i) Firearms Control Bill [B34B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(ii) Portfolio Committee Amendments to Competition Second Amendment Bill [B41B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(iii) Competition Second Amendment Bill [B41D-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(iv) Select Committee Amendment to Adult Basic Education and Training Bill [B42C-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(v) Adult Basic Education and Training Bill [B42D-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(vi) Portfolio Committee Amendments to Bills of Exchange Amendment Bill [B47A-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(vii) Bills of Exchange Amendment Bill [B47B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(viii) Portefeuljekomitee-Amendemente op Wysigingswetsontwerp op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture [B51C-2000].

(ix) Wysigingswetsontwerp op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture [B51D-2000].

(x) Select Committee Amendments to National Health Laboratory Service Bill [B52A-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xi) National Health Laboratory Service Bill [B52B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xii) Portfolio Committee Amendments to Home Loan and Mortgage Disclosure Bill [B53A-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xiii) Home Loan and Mortgage Disclosure Bill [B53B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xiv) Select Committee Amendments to Construction Industry Development Board Bill [B59A-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xv) Construction Industry Development Board Bill [B59B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xvi) Portfolio Committee Amendment to African Renaissance and International Co-operation Fund Bill [B65A-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xvii) African Renaissance and International Co-operation Fund Bill [B65B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xviii) Chiropractors, Homeopaths and Allied Health Service Professions Second Amendment Bill [B66B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xix) Tweede Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp [B67-2000].

2.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor 'n Prestasie-oudit van Menslike Hulpbronbestuur by die Departement van Onderwys van die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie [PR 124/2000].

3. Jaarverslag van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap (1998-1999).

4. Jaarverslag van die Wes-Kaapse Taalkomitee (1999-2000).

KOMITEEVERSLAE:

1.	Verslag van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oor die Wetsontwerp op die Veiligheid van Vleis [W29B-2000] (NRVP), gedateer 19 September 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wetsontwerp op die Veiligheid van Vleis [W29B-2000] (NRVP), wat ingevolge die rels van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) na die Wetgewer verwys is, wens die Komitee verslag te doen dat hy die Wes-Kaapse afvaardiging in die NRVP met die gesag beklee om die Wetsontwerp te steun.

2.	Vierde Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, gedateer 30 Oktober 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge getuienis aangehoor en oorweeg het oor sekere aspekte wat ingesluit is in die verslae van die Ouditeur-generaal oor die Finansile State van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999:

* Begrotingspos 1 - Premier [PR 85/2000]
* Begrotingspos 4 - Behuising en Beplanning [PR 102/2000]
* Begrotingspos 7 - Gesondheid [PR 105/2000]
* Begrotingspos 8 - Handel, Nywerheid en Toerisme [PR 16/2000]
* Begrotingspos 10 - Maatskaplike Dienste [PR 81/2000]
* Begrotingspos 13 - Plaaslike Bestuur [PR 88/2000]

wens hy soos volg verslag te doen:

1. Begrotingspos 1 - Premier (Verslag van die Ouditeur-generaal [PR 85/2000 - bladsy 3, paragraaf 3.3(a)]) : Ongemagtigde uitgawe: Aankoop van gordyne - R22 723

Volgens die verslag van die Ouditeur-generaal het die departement gordyne ter waarde van R22 723 aangekoop sonder om die voorgeskrewe Tenderraadprosedures te volg. Getuienis het getoon dat die uitgawe uit die Premier se Begrotingspos betaal is nadat die Departement van Werke, as gevolg van 'n tekort aan fondse, geweier het om die uitgawe te dek. Onderhandelings is met drie kontrakteurs aangeknoop wie se name deur die Departement van Werke voorsien is en slegs een was bereid om die taak binne die kostebeperkinge te aanvaar. Geen ander tenders is aangevra nie en 'n formele kontrak is nie met die verskaffer gesluit nie. 'n Versoek vir ex post facto-goedkeuring van die transaksie is deur die Tenderraad geweier op grond dat dit nie 'n noodgeval of in die beste belang van die Provinsie was nie. In getuienis het die departement erken dat die nienakoming van verkrygingsvoorskrifte hoofsaaklik as gevolg van 'n gebrek aan kennis was, nieteenstaande die gereelde sirkulasie van die prosedures wat in di verband deur amptenare van die Administrasie gevolg moet word.

Terwyl die Komitee kennis geneem het van die feit dat die aangeleentheid deur Interne Oudit ondersoek is, daar nie verkeerd opgetree is nie en dat stappe reeds gemplementeer is om 'n verbetering te bewerkstellig met betrekking tot aankope van hierdie aard, wil hy nietemin sy ontevredenheid uitspreek oor die tekort aan opleiding en verontagsaming van Tenderraadvoorskrifte.

Nadat getuienis aangehoor en oorweeg is dat -

* optrede sonder enige nalatigheid plaasgevind het;
* die Provinsie as gevolg daarvan geen verlies gely het nie; en
* regstellende stappe gedoen is om die voorval te voorkom;

beveel die Komitee aan dat die bedrag van R22 723 deur die Provinsiale Parlement gemagtig word en dat die verkrygingsproses weereens onder die aandag van al die personeel van die Provinsiale Administrasie gebring word.

	Die Komitee wil ook aanbeveel dat rekenpligtige beamptes behoorlike sorg en beheer uitoefen oor alle sake wat binne hul verantwoordelikheid val, aangesien hy van plan is om in die toekoms sterk standpunt in te neem ten opsigte van die toepassing van die bepalings van die Wet op Openbare Finansile Bestuur, 1999, met betrekking tot die herwinning van onrelmatige en ongemagtigde uitgawe deur verantwoordelike amptenare asook die instelling van dissiplinre stappe in gevalle van finansile wanbestuur.

2. Begrotingspos 4 - Behuising en Beplanning (Verslag van die Ouditeur-generaal [PR 102/2000 - bladsy 3, paragraaf 3.1(b)]) : Inkomste

Die Komitee het getuienis aangehoor en oorweeg oor die invordering van 'n R5- administrasiefooi van kopers met betrekking tot huise wat verkoop is ingevolge verskeie ontwikkelingsprojekte. Getuienis is aangehoor dat -

* formele ooreenkomste aangegaan is tussen die verkoper (Ontwikkelingsraad: Huis van Verteenwoordigers) en die koper, met die voorwaarde dat 'n maandelikse administrasiefooi van R5 aan die Raad betaal word;

* gedurende die boekjare van 1995/1996 tot 1998/1999 is 'n bedrag van R1,8 miljoen in hierdie verband ingevorder en in die Provinsiale Inkomstefonds inbetaal, maar nie die fondse van die Provinsiale Behuisingsraad nie;

* gedurende di boekjare het die Provinsiale Administrasie die invordering van die R5 as 'n agentskapsfooi beskou; en

* geen ooreenkomste in hierdie verband kon voorsien word nie.

Die Komitee wil sy kommer uitspreek dat fondse wat gegenereer is deur aktiwiteite wat verband hou met die voorsiening van behuising nie toegewys is aan hierdie funksie nie en beveel derhalwe aan dat -

(a) transaksies wat moontlik 'n invloed mag h op die heffing van die fooi deeglik ondersoek word om te verseker dat alle inkomste verhaal word;

(b) die inkomste wat gedurende di boekjare van 1995/1996 tot 1999/2000 opgeloop het, insluitend dit wat reeds aan die Provinsiale Inkomstefonds gedurende di jare toegewys is, na die Provinsiale Behuisingsfonds toegewys/oorgeplaas word;

(c) die regsgeldigheid van al die transaksies in hierdie verband bepaal word; en

(d) oorweging geskenk word aan die moontlike afskaffing van die R5-administrasiefooi.

3. Begrotingspos 7 - Gesondheid (Verslag van die Ouditeur-generaal [PR 105/2000 - bladsy 2, paragraaf 2.2.1]) : Ongemagtigde uitgawe, R3 862 995,10

Die ongemagtigde uitgawe ten bedrae van R3 862 995, 10, voortspruitend uit die oorbesteding op die Begrotingspos, is oorweeg. Die Komitee het getuienis aangehoor en oorweeg wat getoon het dat die oorbesteding hoofsaaklik die gevolg was van die feit dat die verwagte afname in personeel, as gevolg van normale omset of skeidingspakkette, nie gerealiseer het nie en die begrotingstoewysing vir die jaar minder was as die werklike totale besteding vir die 1997-1998-boekjaar. Die Komitee neem kennis van die stappe beoog om uitgawes te beperk en oorbesteding op die Begrotingspos te voorkom, en beveel aan dat die ongemagtigde uitgawe van R3 862 995, 10 na die Provinsiale Parlement vir magtiging verwys word.

4. Begrotingspos 8 - Handel, Nywerheid en Toerisme (Verslag van die Ouditeur-generaal [PR 16/2000 - bladsy 3, paragraaf 2.2.1 (a)]) : Nienakoming van voorgeskrewe instruksies: Ongemagtigde uitgawe, R201 654,18

Die ongemagtigde uitgawe ten bedrae van R201 654,18, voortspruitend uit die verkryging van goedere en dienste sonder om te voldoen aan die algemene voorwaardes en prosedures asook die voorskrifte uitgereik deur die Provinsiale Tenderraad, in besonder die feit dat kwotasies vir dienste of spesifieke vrystelling van hierdie prosedure nie verkry is nie, is oorweeg. In getuienis het die departement erken dat die nienakoming van verkrygingsvoorskrifte hoofsaaklik as gevolg van nuwe personeel en die tekort aan opleiding was. Die Komitee wil sy ontevredenheid uitspreek oor die tekort aan opleiding in en verontagsaming van Tenderraadvoorskrifte, maar neem kennis van die stappe wat deur die departement gedoen is ten opsigte van die verbetering van die situasie in hierdie verband.

Nadat getuienis aangehoor en oorweeg is dat -

* handelinge sonder enige nalatigheid plaasgevind het;
* die Provinsie as gevolg daarvan geen verlies gely het nie;
* regstellende stappe gedoen is om die voorval te voorkom; en
* buitengewone omstandighede geheers het;

beveel die Komitee aan dat -

(a) die bedrag van R201 654, 18 deur die Provinsiale Parlement gemagtig word;

(b) alle soortgelyke gevalle, nieteenstaande die departement se standpunt dat die betrokke uitgawe gemagtig is of nie, sonder uitsondering aan die Tenderraad vir sy amptelike antwoord voorgel word.

Die Komitee wil ook aanbeveel dat rekenpligtige beamptes behoorlike sorg en beheer uitoefen oor alle sake wat binne hulle verantwoordelikheid val, aangesien hy van plan is om sterk standpunt in te neem ten opsigte van die toepassing van die bepalings van die Wet op Openbare Finansile Bestuur, 1999, met betrekking tot die herwinning van onrelmatige en ongemagtigde uitgawe deur verantwoordelike amptenare asook die instelling van dissiplinre stappe in gevalle van finansile wanbestuur.

5.	Begrotingspos 10 - Maatskaplike Dienste (Verslag van die Ouditeur-generaal [PR 81/2000 - bladsy 5, paragraaf 3.3]): Oordragbetalings: Subsidies

Die Komitee het getuienis aangehoor en oorweeg wat getoon het dat die monitering van instansies wat finansile bystand van die Administrasie ontvang, nie die nodige aandag gekry het nie as gevolg van 'n tekort aan personeel. Daar is ook kennis geneem dat finansile inligting en state wat ingedien is, nie nagesien is om vas te stel of doelwitte waarvoor die bystand verleen is, bereik is of dat finansile beheer behoorlik deur die instansies uitgeoefen is nie. Die Komitee wil sy kommer uitspreek dat uit 'n totaal van 23 moniteringsbesoeke vyf gevalle van wanbestuur en/of moontlike bedrog gedentifiseer is en beveel derhalwe aan dat die nodige personeel voorsien word om onmiddellik 'n stelsel te implementeer om die rekords van alle instansies wat finansile bystand van die Administrasie ontvang, te monitor en dat die bepalings van Nasionale Tesourieregulasie 8.5 streng nagekom word.

6.	Begrotingspos 13 - Plaaslike Bestuur (Verslag van die Ouditeur-generaal [PR 88/2000 - bladsy 2, paragraaf 2.2.1 (a)]): Ongemagtigde uitgawe: Verkiesingskoste: R2 190

Die ongemagtigde uitgawe met betrekking tot verkiesingskoste ten bedrae van R2 190 is oorweeg. Getuienis het getoon dat betalings ten bedrae van R120 000 wat aan ses Distriksrade gemaak is, nie ingesluit is in die bedrag wat deur die Wes-Kaapse Finansiewet, 2000 (Wet No. 1 van 2000) gemagtig is nie. Daaropvolgende stappe het die herwinning van alle bedrae behalwe die bedrag van R2 190 tot gevolg gehad. Laasgenoemde bedrag is reeds ingevolge die betrokke voorskrifte in di verband bestee. Die Komitee het kennis geneem van die omstandighede wat gelei het tot die ongemagtigde uitgawe en beveel aan dat die bedrag van R2 190 deur die Provinsiale Parlement gemagtig word.

Die Komitee beveel aan dat hy binne 60 dae vanaf die datum van hierdie verslag deur die Direkteur-generaal ingelig word oor die vordering wat gemaak word met die implementering van die aanbevelings of soos andersins in spesifieke Resolusies aangedui, en beveel verder aan dat hierdie Verslag deur die Huis oorweeg word.

DONDERDAG, 9 NOVEMBER 2000

TERTAFELLEGGING:

Die Speaker:

1. Report of the Public Service Commission on Career Management in the Public Service. (Verslag nie in Afrikaans beskikbaar nie).

2. Report of the Public Service Commission on the State of Representativeness in the Public Service (Verslag nie in Afrikaans beskikbaar nie).

VRYDAG, 24 NOVEMBER 2000

TERTAFELLEGGING:

Die Speaker:

Die Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme: 

Jaarverslag van die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad 1999/2000.

KOMITEEVERSLAG:

Verslag van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oor die Wysigingswetsontwerp op Toerisme  [W 50F-99] (NRVP), gedateer 14 November 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wysigingswetsontwerp op Toerisme  [W50F-99] (NRVP), wat ingevolge die rels van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) na die Wetgewer verwys is, wens die Komitee verslag te doen dat hy die Wes-Kaapse afvaardiging in die NRVP met die gesag beklee om die Wetsontwerp te steun.

MAANDAG, 18 DESEMBER 2000

TERTAFELLEGGING:

Die Speaker:

1. Report of the Public Service Commission on the Management of Probationary Appointments within Public Service Departments at National Level (Verslag nie in Afrikaans beskikbaar nie).

2. Half Yearly Report of the Public Service Commission (October 2000) (Verslag nie in Afrikaans beskikbaar nie).


1990	DINSDAG, 17 OKTOBER 2000



	DINSDAG, 17 OKTOBER 2000	1989
	


1942	DINSDAG, 17 OKTOBER 2000


